Manne vat die Pad 2016

Ons eerste Vat die Pad uittog in 2015 was ‘n fees, en ons het baie daarna uitgesien om dit weer te doen! Die manne van Brackenfell gemeente word nou weer uitgenooi om saam te ry weg uit die stad, en die ooptes van die platteland te gaan opsoek. Waarheen sal ons hierdie keer ry?

Vat die pad 22 vat jou hierdie keer weg na die Droogeveld se ruimtes. Ontdek en vertoef weer by van die plekke waarby jy verby snel op pad na ‘n bestemming anderkant die sonsak. Ons geniet saam ‘n  lekker ontbyt langs die pad tussen die berge, voor ons verder noord ry en dan draai met die Langeberge langs op ‘n stofpad. Op die pad ontdek ons weer wyn, olie en ander produkte uit die area voor middagete op die Amandalia plaas. Anderkant die Kogmanskloof, trek ons laer vir die nag en geniet saam ‘n vleisie oor die kole.

Wanneer wil ons gaan? 1-2 Oktober 2016 (Saterdag – Sondag)
Hoe lank wil ons gaan? ‘n Een-nag uitslaap met baie eenvoudige geriewe
Waar slaap ons? ‘n Groot selfsorg skuur met slaapplek vir net 17 mense
Wie kan gaan? Jy, Jou Seun, Jou Pappa, Jou Oupa, Jou Oom, Jou Swaer, Jou Neef en jou Pêl
Hoe kom ons daar? Jy ry met jou eie kar op teerpad en soms kort ente grondpad (±350km)
Wat sal dit kos? Ontbyt, ligte middag-ete, aandete, slaapplek, koffie & beskuit (R500 p/p)
(Bring jou eie drinkgoed en “snacks” vir in die motor en braai)

As jy deel wil wees van die uittog, gee jou inligting deur sodat ek verdere beplanning kan doen en verdere inligting kan deurgee. Net die eerste 17 name sal (slaap)plek kry!
Wickus (084 4676 581)