Die Blikkies vir Brackenfell projek help ses gesinne met kospakkies elke maand.  Daar word ook hulp verleen aan 'n verskeidenheid mense wat van die straat af kom aanklop vir kos en klere.  Op die oomblik is die koskaste baie leeg.  Enige nie-bederfbare items is welkom.  Plaas asseblief die kos in die houers wat in die kerk en die sentrum staan of bring dit na die kerkkantoor tydens kantoor-ure.  As julle van enige behoeftige gesinne weet kontak asb die kerkkantoor of vir Rina Rust by 084 548 4242.