Die lewe van 'n sendeling is soms baie eensaam en daarom is ons gebedsondersteuning so noodsaaklik. Indien u graag gebedsversoeke van die sendelinge wat deur ons gemeente ondersteun word, per e-pos wil ontvang kan u die kerkkantoor skakel of kommunikeer direk met hulle.
Indien jy nie van spesifieke gebedsversoeke weet nie, is daar altyd die volgende om voor te bid:
Hul familielewe, hul kinders en huwelike; hul eie geestelike- en fisiese behoeftes; hul gesondheid; beskerming; families tuis; hul bediening; samewerking van die owerheid an die land waarin hulle werksaam is en visa-aansoeke wat soms 'n groot kopseer vir sendelinge kan wees.
Die nuutste nuusberigte en gebedsversoeke van die sendelinge wat ons ondersteun verskyn op die kennisgewingbord in die Sentrum. Bid gereeld vir hulle en kontak hulle om ons ondersteuning aan hulle te behou. |