Kos Donasies

Ons benodig ook medium grootte bokseom die kos in te pak.
Daar is ‘n verdere aanvraag na klere asook komberse en beddegoed.

Volgende insamelings:

Dinsdag 30 Junie 13 :00 – 14:30
Donderdag 2 Julie 13:00 – 14:30
Saterdag 4 Julie 11:00 – 12:00

Pinkster

In die komende week vind ons onsself in die Pinkster tydperk. Vandag (Donderdag, 21 Mei) is Hemelvaart, asook die afskop van Kinderpinkster. Volwasse- en Tienerpinkster begin dus Sondag 24 Mei.

Die nuwe pinkster blad is ook op die webtuiste beskikbaar en kan deur hierdie skakel gevind word.

Groot Lydensweek

Met die begin van Groot Lydensweek wat vandag Maandag, 6 April begin, Wil ons net laatweet dat ons al die video-eredienste op die Kerk se nuwe Youtube blad oplaai. U kan gerus die ondergenoemde YouTube skakels volg na die kerk se kanaal en die video vir lydensweek

YouTube kanaal: https://www.youtube.com/channel/UC70v5EIokt8GehoKwRTRTRw

Groot Lydensweek dag 1 video: https://youtu.be/gTluNi4tmwE

Groot Lydensweek dag 2 video: https://youtu.be/UeGZkBI3nhk

Groot Lydensweek dag 3 video: https://youtu.be/0o8COnkcSLk

Hoe leef ons as Christene te midde van Covid 19?

NG Kerk Brackenfell se reaksie op die presidensiele toespraak op Sondag 15 November

Na Cyril Ramaphosa Sondag sy toespraak aan die land gelewer het, het ‘n paar van die gemeentelede en die dominees op Maandag 16 November bymekaargekom om te bespreek hoe ons as christene en Kerk gaan reageer op die toespraak en die epidemie op ‘n gepaste manier om almal te beskerm en oordragrisiko te minimaliseer.

Klik hier vir die dokument met meer indiepte inligting oor die besluit wat ons geneem het of kontak ons vir enige verdere navrae.

Om die gemeente se weeklikse erediens en nuutste inligting te kry stoor asb 066 022 3394 as NG Kerk Brackenfell se nommer. WhatsApp dan jou naam en van na hierdie nommer om deel van die gemeentegroep te word. As jy kindermateriaal (0-18jaar) ook wil kry sit asb “kind” voor jou naam. Slegs die admin kan boodskappe stuur, so jy sal nie gepes word met boodskappe nie. Versprei asb die boodskap. Vir meer inligting oor die gemeente se reëlings in hierdie tyd, lees gerus hier.

EREDIENS- EN KATEGESETYE

Vir hierdie eerste kwartaal is die erediens- en kategesetye as volg:

08:45 Gesinsdiens*

09:45 Kategese (graad 1 – 11)

10:30 JONK (Erediens vir almal JONK van gees)

U sal opmerk dat al die kategese groepe tussen die twee eredienste sal plaasvind. Dit is om ouers met kinders die geleentheid te bied om te kies watter erediens hulle wil bywoon.

*Daar sal steeds kleuterkerk tydens die gesinsdiens wees

 Die erediens en kategeserooster soos dit op hierdie oomblik lyk (onderhewig aan veranderinge) kan hier gekry word.

Lofdanse

Lofdanse2Die wat lus het om saam te oefen, al wil hulle nie in dienste saam dans nie,

is welkom om saam te kom oefen Maandae 18:00 – 19:00.

Vir navrae kontak Trudie 084 568 3896.