Dankie Stefan

‘n Baie groot dankie aan Stefan Verster vir die skep van ons nuwe webwerf.  Dankie vir jou kreatiewe insette en al die ure se werk wat jy alreeds ingesit het om die nuwe webwerf terselfde tyd mooi en gebruikersvriendelik te maak.  Dankie ook vir jou geduld om almal betrokke touwys te maak oor die oplaai van nuwe inligting.  En sommer by voorbaat dankie vir alles wat jy nog gaan doen, die foute wat jy gaan moet herstel en die hulp wat jy nog gaan verleen.  Ons waardeer dit opreg.

Die predikantespan