Op Saterdag, 5 November, word die eerste Brackenfell Gemeenskapsmark in ons gemeente-tuin aangebied.
Kom ondersteun die uitstallers en kuier sommer net lekker oor ‘n koppie tee.
In die gejaagde wêreld van vandag is hierdie tipe rustigheid net wat ons nodig het – met lekker kos, pragtige kuns en handwerke … en mooi klere sal daar regtig iets vir almal wees.”
Ons eie fondse groep hanteer die tee-tuin.
Indien u kan help verkope en bediening van die teetuin kontak asseblief vir Charmaine by 082 509 8749