Aandag: In lyn met die Covid-19 riglyne sal daar geen fisiese eredienste wees tot en met 12 April in die kerkgebou gehou word nie.
Eredienste tydens Corona uitbraak
Om die gemeente se weeklikse erediens en nuutste inligting te kry stoor asb 066 022 3394 as NG Kerk Brackenfell se nommer. WhatsApp dan jou naam en van na hierdie nommer om deel van die gemeentegroep te word. As jy kindermateriaal (0-18jaar) ook wil kry sit asb “kind” voor jou naam. Slegs die admin kan boodskappe stuur, so jy sal nie gepes word met boodskappe nie. Versprei asb die boodskap. Vir meer inligting oor die gemeente se reëlings in hierdie tyd, lees gerus hier.
Gesamentlike dienste
Vir hierdie eerste kwartaal is die erediens- en kategesetye as volg:
08:45 Eerste diens*
09:45 Kategese (graad 1 – 11)
10:30 JONK (Erediens vir almal JONK van gees)
Let wel dat elke 3de Sondag van die maand in die kwartaaltyd is Messy Church, ‘n tweetalige spoeg en plak kerk gerig op voorskool- en laerskoolkinders.
U sal opmerk dat al die kategese groepe tussen die twee eredienste sal plaasvind. Dit is om ouers met kinders die geleentheid te bied om te kies watter erediens hulle wil bywoon.
*Daar sal steeds kleuterkerk tydens die gesinsdiens wees.
Die erediens en kategeserooster soos dit op hierdie oomblik lyk (onderhewig aan veranderinge) kan hier gekry word.
Geen aanddienste
Opkomende Eredienste
There are no upcoming events.