Gebedsfokuspunte vir Brackenfell

Bid

Hieronder is ‘n lys van gebedsfokuspunte om ons te help om daagliks vir Brackenfell te bid.

Neem dit saam met jou waar jy gaan en wanneer jy ‘n tydjie het kan jy deur dit lees en soos jy lees die dorp Brackenfell aan God opdra.

 Indien jy behoefte aan ‘n gebedskamer het, is daar tot 30 Oktober een beskikbaar by Heidekoppie gemeente (Gemeente met oop deure, Proteaweg) elke dag vanaf 07:00 – 17:00.  Die kerk se sy-deur in Stasieweg sal soms oopstaan, andersins is toegang deur die kerkkantoor. (Die kerkkantoor se deur is op die stoep aan die voorkant van die kerk in Proteaweg)

Hieronder is die datums vir die laaste gesamentlike aksies van die Brackenfell vir Jesus se program, soos ontvang van Hanlie van die Familia Christi gemeente.

Woensdag  26 Oktober 19h00

Pak van kospakkies by Heidekoppie gemeente .

Donderdag  27 Oktober

Dag van vas en gebed. Ons kom die aand 19h00 by Fathershouse bymekaar vir Prayerwalk – elke gemeente neem verantwoordelikheid vir sekere gebedsblokke.

Vrydag 28  Oktober 19h00 – 21h00

Program vir “Youth Bash” aangeheg.

Saterdag 29 Oktober 08h30

JIA Staptog – begin by Heidekoppie

Massa uitreik begin direk na stap.