Waar vriende ontmoet…

Hoe gaan ons kleingroepe groei in die Gemeente?

Om werklik momentum te gee aan die herlewing, van die Gemeente in sy geheel, glo ek vas daaraan dat ons die “Eet ʼn olifant”-beginsel moet toepas.  Mondjievol vir mondjievol.  Om groot en wonderlike aksies te beplan wat baie tyd, toewyding en harde werk gaan verg is die beste resep vir mislukking wat ek ken.  Daar is ook ʼn ou Engelse gesegde wat kan vertaal word as “ ʼn Aasvoël is ʼn geduldige voel” en dit sal ons dalk baat om daardie gedagte te onderskryf.  Kom ons sien hierdie taak, vir God, eerder as ʼn reis wat nou begin het en wat sy bestemming sal bereik as die oordeelsdag kom.  Laat ons dan die bestemming die hemel maak.

Ettiene Verster

Spreek Here U dienskneg luister

Brackenfell Gemeente Facebook

There are no upcoming events.