NG Kerk Brackenfell se reaksie op die presidensiele toespraak op Sondag 15 November
Na Cyril Ramaphosa Sondag sy toespraak aan die land gelewer het, het ‘n paar van die gemeentelede en die dominees op Maandag 16 November bymekaargekom om te bespreek hoe ons as christene en Kerk gaan reageer op die toespraak en die epidemie op ‘n gepaste manier om almal te beskerm en oordragrisiko te minimaliseer.
Klik hier vir die dokument met meer indiepte inligting oor die besluit wat ons geneem het of kontak ons vir enige verdere navrae.
Om die gemeente se weeklikse erediens en nuutste inligting te kry stoor asb 066 022 3394 as NG Kerk Brackenfell se nommer. WhatsApp dan jou naam en van na hierdie nommer om deel van die gemeentegroep te word. As jy kindermateriaal (0-18jaar) ook wil kry sit asb “kind” voor jou naam. Slegs die admin kan boodskappe stuur, so jy sal nie gepes word met boodskappe nie. Versprei asb die boodskap. Vir meer inligting oor die gemeente se reëlings in hierdie tyd, lees gerus hier.