Waar vriende ontmoet…

Kategese afsluiting en sertifikaatseremonie 2014

 

hanswors

Die eerste geleentheid is sommer net ‘n lekker afskeidskuier en vind plaas op Sondag 9 November, die tweede geleentheid op Sondag 16 November is ons meer formele sertifikaatseremonie, waar al ons kinders wat getrou bygewoon het, sertifikate en seëls sal ontvang.

By hierdie geleentheid sal ons ook die leiers amptelik bedank. Ons nooi graag ook ons ouers uit om beide geleenthede by te woon.

Sondag 9 November

Dit is Sondag 9 Nov ‘n gesamentlike diens in die kerkgebou om 09:15, maar die kinders (en kategete) bank hierdie sondag kerk en hou hulle eie “kerk” om 09:15 in die sentrum waar die program as volg lyk

Gr 1 – 3’s

09:15 – 10:15 maak kerskaartjies vir seniorburgers

10:15 – 11:15 kuier saam met die HANSWORS in die kapel (ouers is welkom)

Gr 4 – 10’s

09:15 – 10:15 speel Bybelvasvrae

10:15 – 12:00 speel Lasertag (Die Gr 11’s kan na kategese by ons aansluit)

Terwyl dit alles aan die gang is, sal daar ‘n worsie op die kole gebraai word, sodat ons almal iets kan saameet. Al die verrigtinge sal teen 12:00 die middag klaar wees, vir dié wat dan verder moet gaan leer. Ouers is welkom om te kom saambraai, bring asb net eie vleis.

 

Sondag 16 November

Ons nooi alle ouers en belangstellendes om by die kinders en hulle leiers aan te sluit direk na die erediens (10:15) op Sondag 16 November. By hierdie geleentheid sal die sertifikate en seëls uitgedeel word. Na die tyd sal daar koffie en tee bedien word terwyl die kinders in hulle onderskeie groepies afsluit.

Ons hoop julle kan hierdie geleenthede met ons meemaak

Vriendelike groete

Sonja & Lou-Maré

Brackenfell Gemeente Facebook

There are no upcoming events.