Ds. Johan Mocke
Ds. Johan Mocke is sedert 1994 reeds voltydse leraar by Brackenfell. As eggenoot en pa van 3 seuns, is hy ‘n gesinsman. Sy stokperdjies is fotografie en verder hou hy daarvan om te reis en nuwe plekke te ontdek.
Ds. Lou-Maré Denton
Ds. Lou-Maré Denton het by Brackenfell as voltydse leraar aangesluit in 2009. Lou-Maré is baie betrokke by die Jeug en geniet die energie wat hulle uitstraal. Sy geniet ‘n goeie boek en hou daarvan om te fliek. Sy is onlangs getroud en ons is almal opgewonde om te hoor dat die ooievaar reeds sy opwagting gemaak het.
Ds. Johan Spies
Ds. Johan Spies is al vir ʼn paar jaar betrokke by Brackenfell gemeente as aflospredikant. Hy is hoofsaaklik ʼn aflosprediker van die tradisionele dienste in die kerkgebou. Johan geniet mooi musiek en doen fotografie as stokperdjie. As eggenoot, pa en oupa , geniet Johan om tyd saam met sy familie saam te bring.
Ds. Michelle Boonzaaier
Ds. Michelle Boonzaaier is vir die afgelope jaar betrokke by Brackenfell as aflospredikant. Behalwe vir haar betrokkenheid by die IAM organisasie is sy ook betrokke as konsultant in landelike ontwikkeling.