Musiekbediening

Marian Steyl nooi almal, wat by die musiekbediening van ons Gemeente betrokke wil raak, uit na ‘n werkswinkel die eerste Saterdag in volgende kwartaal.

Neem gerus die vrymoedigheid om hierdie geleentheid by te woon – dit sal op informele manier aangebied word, en daar is geen ouderdomsbeperking nie! By hierdie werkswinkel sal ons bekende liedere sowel as nuwe liedere vir die derde kwartaal oefen.

Wanneer:                         Saterdag 25 Julie, 9:00 tot 13:00

Waar:                                Kerkgebou

Wat om saam te bring:  Jouself en jou talent, water

Wat word voorsien:        Bladmusiek, iets lekkers te ete en drinke vir 11:00-ruskans.

Ter wille van beplanning kan jy Marian per sms kontak: 084 567 3333 of epos: mariansteyl@mweb.co.za. Of kontak die kerkkantoor en ons sal haar in kennis stel dat jy die werkswinkel gaan bywoon.

note