Orreluitvoering: 7 Dae van Skepping

Winand Grundling voer sy 7 Dae van Skepping uit in Brackenfell Moederkerk

Dit is ‘n wonderlike nuwe werk vir orrel, gemik op die wonder, maar ook die broosheid van die skepping. Bekende gesangwysies en ander klassieke melodieë word ineengeweef om die storie te vertel. Die kombinasie van orrel en slagwerk  is tegelykertyd majestieus, verfrissend en dramaties.

Donderdagaand, 26 Februarie 2015

19:00

Toegangsfooi: R50

Kaartjies by die deure

CD’s te koop

Navrae: Marian Steyl, mariansteyl@mweb.co.za

Meer oor Winand Grundling:

Winand Grundling

Wenner van die ABSA Nasionale Jeug Kompetisie (2004), ATKV Muziq – orrel(2007/2009/2010), SAMRO Meriete Toekenning (2009), Unisa Oorsese Musiekstudiebeurs (2009), SAKOV Oorsese Beurs (2013); 2 Kanna toekennings vir 14 Stasies van die Kruis, KKNK 2012: Beste klassieke Musiek-produksie, Beste opkomende kunstenaar