Vriende, baie hartlik welkom by ons nuwe website!
Nou dat die meeste van ons daagliks op rekenaars en selfone werk, is dit tyd dat die Brackenfell Moedergemeente ook sy merkie op die internet maak.
Hier gaan ons al ons stories met jou deel en jou op hoogte hou van al die nuwe gebeure by ons.
Kyk gerus ‘n bietjie rond en deel die opwindende tyd saam met ons.
Laat dit juig!