Pinkster 24 Mei 2020
Baie welkom by vanjaar se pinkster seisoen.
Dit is inderdaad n nuwe manier van pinkster doen, Gewoonlik sou ons lekker tweegesprek kon hê en ons onderwerp verder verdiep en verruim deur saam te gesels.
Ek moes egter n klomp keuses en besluite maak met die bedoeling om iets sinvols voor te berei en aan te bied in hierdie formaat.
Ek is heel opgewonde oor die inhoud van ons onderwerp – die Apostoliese Geloofsbelydenis – wat ek graag met u behandel.
Die onderwerp is so ryk aan inhoud, dat ek gesukkel het om te besluit wat om in te werk en wat om te los. Ek het ek derhalwe ook besluit om vir hierdie sessies nie met skriflesings, en ander erediens liturgiee te werk nie – bloot om die tyd maksimaal te gebruik vir ons onderwerp en die videos nie te lank te maak nie. Ek gaan u ook nie heeltyd met myself voor die kamera vergas nie, maar eerder op die agtergrond die inhoud voordra, terwyl u die woorde van die belydenis kan volg.
Ons kon toestemming kry om ons orrelis te betrek by die opnames en is daarom bly om by elke aanbieding bietjie bekende orrelmusiek en twee passende en liedere in te werk vir die regte stemming. Daarmee saam ook die dienste van kamera en klankoperateurs, sonder wie ons nie sou kon werk nie.
Wyle Dr AA van Ruler is n gerespekteerde Nederlandse teoloog wie se nadenke oor die Apostoliese geloofsbelydenis hier voorgedra gaan word. Natuurlik is daar ook ander teoloë en gesprekstukke oor die onderwerp, maar ek is van mening dat Van Ruler se stof genoegsaam is vir n eerste rondte.
Ons gaan nie tyd spandeer oor die agtergrondsgeskiedenis of ontstaan van die Apostolicum, soos dit ook bekend staan nie, maar bloot die inhoud kursories behandel.
Ons gaan sommer by die begin inval en ek nooi u om die ses aanbiedinge, die twee Sondae ingesluit, saam met my te geniet en hopelik daardeur verryk te word.
Kortliks, Ter Inleiding
Die Apostels het die boodskap van Jesus wêreld in gedra
Ny latere latere nadenke, soos die kerk gegroei het, was die vraag: – wat doen ons nou eintlik?
So ontwikkel die teologiese denke in samevattende stellings.
‘n Geloofsgetuienis gaan nie oor iets wat jy van n ander wêreld glo nie, maar verklaar jou eintlike basiese standpunt oor hierdie wêreld waarin jy jou bevind. Dit is verbysterend. Jy verklaar die sin van jou eie bestaan, van jou plek in die wêreld.
Dit is n beslissende standpunt wat jy inneem – dat God die Skepper en onderhour is van die wêreld. Of dan nie – so lê die laaste besluit en verantwoordelikheid dus eintlik by jou as jy sê jy glo nie in n God nie.
Kom ons kyk gou na die belydenis soos ons dit gereeld in die kerk bely. En dan praat ons bietjie oor n eerste gedeelte daarvan vir vandag.
“Ek”
- – juis nie “ons” nie.
- Dit is dus n Persoonlike uitspraak
- Uitnodiging aan mense om kennis te gee en uit te nooi tot hul eie keuse
- Publiek- ek openbaar iets en verklaar iets oor my eintlike
- Ek kies kant – God se kant
Glo
- Om iets vir waar te hou Benewens waarneming en beredenering, is geloof n derde bron van kennis.
- n Vertikale verhaal is nie eksperimenteel verifieerbaar nie.
- Of ons glo, of ons wantrou, of ons verwerp Baie keuses van die lewe word in die geloof gedoen – bv, n huweliksmaat, of n beroep.
- Geloof is n toestemming sonder sekerhede n Keuse vir God is dus n geloofskeuse
In
- nie “aan” nie.
- N verhoudingsmatige stelling.
- Ek kan net sowel sê “ek glo God.”
- Daar is n wedersydse verkeer tussen ons en God uitgedruk in die woordjie “in”
God
- Weet ons ooit presies wat ons met uitdrukking – God – bedoel?
- Met die woord verwys ons na n ondefinieerbare iets wat meer is as onsself.
- Ons verwys met die woord na die misterie wat ons nie kan beskryf nie
- Ons verwys na n Algenoegsame, vanuit wie alles ontstaan en bestaan.
- Ons verwys daarmee dat ons geskape skepsels is, en dat daar n Skepper en n inisiatiefnemer is
- In so n mate dat ons Sy beelddraers is en Hom op n skepselmatige manier kan dien.
- In ons godsdiens is God nie net Skepper nie, maar ken ons hom ook as Verlosser en verheerliker.
- Ons ken hom as God drie-enig.
- Ons ken onsself as geskape, sondige skepsels, maar ook verloste skepsels met n ewigheidsbestaan.
- Ons is opgewonde oor die God, vanuit wie ons ook onsself verstaan.
Die Vader
- Een woord vir die verstaan van God is nie genoeg nie. Daarom pak ons dit uit met nog n woord: Vader
- Die woord Vader help gee ons n idee met wie ons te doen het as ons van God praat – dit help gee rigting aan ons verstaan en orientasie as mens.
- Ons praat van God die Vader, God die seun en God die heilige Gees: Soos in 1x1x1 = 1
- In God die Vader het ons te doen met die ondeurgrondelike ondefinieerbare, onvernietigbare, maar juis as Vader – waarin ons ons rus vind, aan wie ons ons kan oorgee, by wie ons kan skuil, aan wie ons onsself kan toevertrou. Ons voel geen vyandigheid of boosaardigheid hieraan nie. Ons het eerder n matelose heerlikheid in hierdie Vaderlikheid van God.
Die Almagtige
- Nog n woord – n lofuitspraak, wat God omskryf. Ons erken God se grootheid en ons eie kleinheid in die uitspraak.
- God gaan ons kapasiteit te bowe. Hy alleen is almagtig. Die mens het dikwels baie mag, maar God se almag is groter en opgewasse teen alle menslike mag
Skepper
- Ook bely ons God as skepper. Daarmee erken ons die afstand, die verskil tussen Skepper en skepsel. God is nie deur ons uitgedink nie. Ons is geskape. Uit Niks. Uit God se welbehae. Ons is dus nie goddelik nie. Ons is ook nie boos nie. God het ons goed geskep. God het die skepping goed geskep. Ons kan daaroor bly wees en dit geniet. God is gans anders as ons en ons skepping.
Van die hemel
- Hoe sal ons die hemel beskryf? Volgens die Skrif is die hemel deel van die skepping.
- Die hemel is nie meer goddelik as die aarde nie.
- “Is die hemel ver, of naby?” Vra ons Karl Barth, n teoloog, noem die hemel die ontoeganklike deel van die skepping
- Daar waar die engele woon, waarna Jesus gevaar het, tog is hy ook by ons.
- Dalk is die hemel heelwat nader en by ons as wat ons dink.
En die Aarde
- Geskape. Daaroor kan ons ons verwonder.
- Die aarde is nie die bron van die sonde nie. Die aarde is goed geskape!
- Christene heg die meeste waarde aan die aarde – ons sien dit as God se tuin
- En ons as mens word ook geskape uit die aarde.
- Wanneer ons sterf – keer ons dus ook terug na ons eintlike.
- Die aarde is nie die middelpunt van die skepping nie, tog het God die aarde gekies! – merkwaardig en lofwaardig en verwonderingswaardig!
En!
- In hierdie word lê opgesluit dat ons nie net in een ding glo nie – ons het n veelkleurige geloof.
- In groot mate onderskei hierdie woord ons van alle ander gelowe en gee dit ons ons unieke identiteit
- Ons bely nie n eentonige God nie, “ons glo in God, maar wag, daar soveel meer!”
In
- Weer eens nie “aan” nie – in – n verhoudingsmatige woord. “In” behels ook die betekenis van een met
- (Elke woord in ons belydenis is deur die geskiedenis heen geweeg en oordink. Dit het die kerk gehelp om enige verwarring en ander manière van dink uit te skakel. Geloofsbelydenisse is duidelik geartikuleerde beskrywings van ons denke en spreke)
Jesus
- Ons belydenis praat reguit van Jesus – die historiese persoon met n algemene naam in die volksmond van OT Israel, maar n naam met die betekenis “ Die Here red”, en n naam wat in die Christendom nuwe en spesiale betekenis het. Ons bedoel daarmee Jesus is die redder, die verlosser wat vir die hele mensdom gekom het –
- a. Jesus word nie deur die evangelies beskryf as iemand wat groot geword het soos die profete of enige ander heilige en dan later tot n roepingsbesef gekom het nie. Hy kondig Homself bloot net aan. En hy praat in eie volmag.
- b. Jesus is in die tweede plek nooit bewus van eie sonde en skuld nie. Nooit tot eens aan die kruis het hy ooit getwyfel of bely dat hy dalk iewers n fout gemaak het nie.
- c. Wanneer hy praat en optree, was dit met absolute outoriteit. Volstrekte gesag oor die sonde van die aarde – n godslasterlike daad aangesien slegs God so oor die wereld kan praat.
- d. Hy verklaar dat alle mense se lot bepaal word in die mate van hulle verhouding tot hom. Dit klink byna kranksinnig.
- e. Jesus verkondig dat met sy koms na die wêreld, die Koninkryk van God op aarde verskyn het
- f. Die evangeliste vertel hy het uit die graf opgestaan. Die dood oorwin het. En die ewige lewe verwerf het, en beskikbaar gemaak het
- g. In sy hele menswees en aardse lewe is daar n eenvoud, klaarheid, deursigtigheid, duidelikheid suiwerheid wat meer as menslik is. Dit is asof ons deur Jesus, God se eie duidelikheid sien deurkom en toetree. Teenoor Hom lyk daar geen vraag onbeantwoord te bly staan.
- In die verband moes die mensdom n keuse maak – was Jesus kranksinnig, of was hy inderdaad die seun van God in die vlees? Ons geloofsbelydenis sê vir ons watter keuse die kerk gemaak het.
- In hierdie belydenis maak die kerk n keuse dat die werklikheid n historiese saligmakende moment in sy geskiedenis het. Daarom kan die kerk ook dus die hele wêreldse geskiedenis ernstig neem, aangesien God met die wêreld erns maak.
Christus
- Die kerk bely Jesus ook as die Christus. Jesus is sy naam. Christus is sy titel. Hy is die Christus. Hy is die Messias van die OTe verwagting. So verklaar die Nuwe testamentiese apostels Jesus, en veroorsaak daarmee n twispunt met die Jode en n wegbreek van die Joodse geloof – aangesien Jesus se verlossingswerk ook uitkring na die hele wêreld. Met die koms van Jesus as die Christus het daar n draai in die geskiedenis van die wereld gekom.
Sy enigebore Seun
- Hierdie artikel is een van die oudste formules uit die kerklike tradise. Met hierdie uitdrukking bely die kerk dat Jesus nie net die toppunt van die menslike is nie, maar dat hy ook goddelik is. Ons geloofsbelydenis help ons so om van Jesus te praat as tegelyk mens en God.
- So behou hierdie belydenis die christelike geloof dinamies en vol misterie, sonder dat ons daarmee wil sê dat ons alles weet. Daar is n veelheid en ‘n beweeglikheid in ons verstaan van God. Daar is betrokkenheid en innigheid met God en geen doodse starheid in hoe ons ons godsdiens verstaan nie.
Ons Here
- Ons geloofsbelydenis bevestig Jesus se verhouding tot God en ook tot ons. Jesus se verhouding tot ons is kort en bondig: Hy is ons Here. Ons erken hiermee dat Hy deur sy verlossing van ons, Sy eiendom geword het. Ons leef nou en ons sterf ook vir hom. Hy is ons leidsman. Hy het vir ons die koninkryk van God kom vestig en ons volg hom daarin. Hy het die mag van die dood aangevat en dit oorwin. Ons erken hom as ons Here. Ons leier. Ons baas.
- Als wat op aarde gebeur, gebeur onder Christelike heerskappy , d,w,s, op die manier van Christus, daarin sit ook altyd – na die manier van die kruis.. Jesus is ook ons held. Hy het voor ons die dood ingegaan en oorwin. Daarom is hy die voorwerp van ons lof en ons aanbidding.
- Hy regeer ons tot in die diepte van ons hart – ons belydenis dat Jesus ons Here is, bring telkens n korreksie jeens enige ander vorm van mag wat ons lewens opeis. Enige ander aardse mag word deur ons belydenis opgeroep om sigself te onderwerp aan die Here, Jesus Christus, hetsy politieke mag, sosiale mag of op internationale vlak!
More gaan ons verder…
Dink gerus hieroor na n bespreek wat u gehoor het. Wat is nuut en opvallend?
Pinkster 25 Mei 2020
Pinkster Dag 2 Preek
Vandag behandel ons die volgende woorde van ons geloofsartikels aangaande Jesus.
Ons bely van Jesus dat…
Wat ontvang is van die Heilige Gees (66)
Probeer ons met die belydenis iets te verklaar of spreek ons daarmee alleen die misterie uit?Die kerk se hy is ontvang van die Heilige Gees, nie uit die Heilige Geesnie.Die kerk probeer nie sê dat iets uit die Heilige Gees in Maria ingestort is enJesus daaruit gebore is nie. Die kerk het ook nooit bedoel datdie Heilige Gees die rol van n man in Maria se lewe gespeel het nie.Daar was nie geslagsgemeenskap tussen Maria endie Heilige Gees nie. Jesus is op geen manier na sy wese, vanuit die Heilige Gees nie.
Daarom “Ontvang van die Heilige Gees”Daarmeeword dan met respek bedoel dat Jesus van die kant van die Heilige Gees ontvang is. Dat die HGbetrokke is by die geboorte van Jesus.
Hoe?
2 Gedagtes: Die Heilige Gees is nie met sy wesenie, maar met sy krag betrokke is. Die Gees maak die skoot van Maria met sy krag vrugbaar.
Tweedens: die Gees doen dit deur sy Woord, deur sy bevel en deur sy seën.. Maria moes ontvangdeur te hoor, te ontvang en te glo. So berei die Heilige Gees Maria voor, heilig haar en maak haar vry van skuld en smet en sonde. So is Jesus die enigste uitsondering in die hele geskiedenis van die wêreld. Die enigste wat gebore word sonder sonde, en sonder sonde gebly het, en tot aan die kruis nooit nodig gehad het om iewers in sy lewe n toon van berou oor iets hoef te getoon het nie.
Daarom,wie word gebore uit Maria? Nie meneer Jesus nie. Alleenmaar die seun van God in menslike natuur!
Ons sien die gedurige wisselende werking tussen Jesus endie Geesdwardeur die Bybel.
Gebore
Net soos ons: Op n spesifieke tyden plek in die geskiedenis. Doodgewoon.
Rede –omdat God mens geword het twv mense en hul redding.
Vrywillig. Van sy kant af. ‘n Besluit van Gods kant af. Anders as ons geboortes, ons geboortes was ons lot, nie ons besluit nie.
Die Heidelbergse Kategismus vr 36 vra: Wat het ons te danke aan Jesus se geboorte?Antw: Dat hy ons middelaar is en met sy onskuld en volkome heiligheid my sonde waarin ek ontvang en gebore is voor God se aangesig bedek.
Uit Maria
Doodgewone mensenaam. Soos Pontius Pilatus. Ons godsdiens is dus nie net n filosofiese idee of utopie nie, ons is geanker in geskiedkundige feite.
Die wêreldis uit niks geskape, maar Jesus is uit Maria gebore,want daardeur moes ons vashou ook aan die volle menslikheid van Jesus. Dit is ook die volle geskape werklikheid wat verloskom word. Ons praat nievannuwe skepping, n nuwe mens, nie, maar van herskepping, die ouewat nuut gemaak word. Daarom kom Jesus ons wêreld in uit Maria, uit die skepping. Daarom los ons nie ons skepping nie –ons gooi dit nie weg nie, ons is herskep –ons skepping het waarde en nuwe waarde deur Jesus wat juis hierdie aarde uit Maria kom bewandel en kom herskep het met dieselfde menslikheid as wie onsself is.
Maagd
Die mensdom sukkel met hierdie belydenis; Hoe is dit of is dit nie moontlik nie?
Van Rulernoem 4 redes waarom hy kies om die belydenis van die maagdelike geboorte wel ernstig te neem.
- Waarom word n man uitgeskakel met die geboorte van Jesus? Met Jesus se geboorte bely ons dat onsnie n persoon of mens wat reeds bestaan,tot seun van God aanneem nie.Onshetnie met n aanneming te doen nie. Jesus het slegs die natuur van die mens kom oorneem. Toegevoeg by die goddelikheid van Jesus.
- Jesus het n unieke posisie in die geskiedenis –Tegelyk Messias en Middelaar. Deurdat hy uitgehaal word uit die geboorte waarby die man betrokke is word hy verhef uit die samehang van die menslike sondige natuur waarby man en vrou betrokkeis
- Jesus bestaan van voor sy geboorte af. Deur sy geboorte kom hy as Seun van God in menslike vlees.
- Jesus se geboorte was dus geen lot wat hom oorgekom het deur die verwekking vanuit n man en n vrou nie. Jesus se koms was n vrye daad en besluit van God-nmens wat vrywillig gebore word –uniek en wonderlik vir die Christelike geloof. Daarin lêook die wonder van my eie geboorte en dat ek dit kan vier –Want Jesus het juis deur die geboorte ook die wereld ingekom.
Gely het
Die diepste verstaan van die lyding van Jesus is dat dit in solidariteit metdie mens is. Hy kom ten volle met ons lyding identifiseer. Ons is nooitmeer alleen in ons lyding nie. Troos!Te midde van die lyding hou Jesus ons hoop lewendig –
Ditraak nog dieper as ons tot die besef kom dat menselyding deur die mens self op homgebring is. Diemens verwerp God se ryk.
Verder besef mens dat God se toorn in die diep sondigheid en rebellie van die mens lê. Jesus is die weerligafleier wat keer dat God se toorn ons raakslaan.
Wat doen Jesus in sy lyding? Hy gee God, as regter oor die wêreld tot aan die einde toe, gelyk. Jesus versoen skuld. Daarin sien ons Jesus se liefde. Daarin sien ons God se liefde.
Laastens, Jesus vertrou -selfs deur die dood heen. Hy spring as’t ware in die poel van die dood en tot op die bodem. Ja ons moet almal in die poel van die dood in, maar min van ons doen dit blymoedig, heelhartig en vrywillig. Die doodsangs laat ons soms byna ons hele lewenslus blus. Jesus het ons voorgegaan.Hy het die onmeetlike vertroue getoon en ons daarin voorgegaan. Hy het die hele lyding en die dood aanvaar as die weg en die wil van die Vader –hy het aanvaar dat hierdie weg die een is wat ter wille van ons en God geloop moet word.
Onder Pontius Pilatus
Weer eens n historiese verwysing van die gebeurtenis. Soos met Maria. Een was n vrou, die ander n man.Een het positief bygedra en die ander negatief bygedra tot die heilsgeskiedenis. Maria was n private enkelmens. Pilatus was n publieke figuur.
Ns. wêreld staan Pilatus as wêreldverteenwoordiger teenoor die mensgeworde seun van God en kies teen die heil wat Jesus bring.
Die skuld aan Jesus se dood lênie net by die Jode nie. En tenslotte maak n nie-jood die finale uitspraak. Hierdeur beskik God dat die Heil watJesus bring ook uitgaan na die hele aarde en nie by die Jode opgesluit bly nie.
Pilatus is ook ten laaste, regter. Sy vonnis is amptelik.Jesusse dood is volgens regtelike prosedures ondersoek en die uitspraak het regskrag op die wêreldfront.
Dit nadat Pilatusdeur sy ondersoek ook Jesus se onskuld vasgestel het. Ek vind geen skuld in hierdie man nie -tog veroordeel hy hom tot die dood.
Pilatus bevestig die Christendom se belydenis dat Jesus onskuldig gely en gesterf het
Jesus laat dit toe en verdedig hom nie.
Hoekom so n kloususe in die christelike belydenis? Die Chrstene van die eerste eeumoes dikwels voor howe verskyn en hul geloof bely.Jesus het ook in die opsig die weg gebaan.
Van Ruler voel die hedendaagse christendom het sy sout verloor-ons wil nie meer teenoor die keiser ons geloof bely nie. Ons wil Christus nie meer verteenwoordig nie.
Kruisiging
Die kruisigingwas n straf wat die Romeine in hul ryk gebruik het. Dit was een van die wreedste vorme van straf in die antieke tyd. Die lyding van iemand wat gekruisig word, moes onverdraagsaam erg gewees het. Daarmee saam kom ook die openbare smaad en skande van die vorm van straf. Die skandevan die daad kom dus by.Jesus neem ook die skande van sonde weg en hoef ons nie met enige beskaamdheid in die hemel staan nie. Die evangelie van Jesus is in sy wese ook n politieke werklikheid. Die boodskap dat die ware koning, Here, die ware Owerheid ware Gesag en ware Gemeenskap eintlik in hierdie prinsiep vasgemaak is.
Paulus as Jood gee nog n perspektief. Vanuit die OTsêhy, is die kruis soos n galg. n Gekruisigde is soos iemand wat gehang word. en vlgdie OT is een wat hang n vervloekte. Hy hang tussen hemele en aarde.
Uitgestoot uit die gemeenskap. So iemand is n gruwel voor die oëvan God. So kom daar naas die element van wreedheid, skande en politiek ook die element van vloek by.
Mense vloek graag en dit klink gewoonlik barbaars. Maar God vloek ook -en hy doen dit in alle erns. Sy vloek het n uitwerking op die wêreld. Daarom beleef ons die sinloosheid en wanhopigheid in ons bestaan op baie plekke.
Die evangelie van die kruis kom dan en sêdat Jesus die vloek wat opons neerkom gedra het. Die kruis is die weerligafleier op die huis van die wêreld.
Gesterf het
A. Jesus loop die volle pad van die mistiek van menswees -die mens sterf, so ook Hy.
Van Ruler verwys na revolusionere magte,wat alles deur geweld,ontkenning, en omverwerping wil verander -maar dat selfs revolusies maar kinderspeletjies is in vergeleke met die kern van die christelike geloof wat bely dat slegs deur die dood/sterwe daar nuwe lewe kom.
B. Juridies gekyk -is dood die straf op sonde-nie willekeurige straf nie. Dood is die wegneem van sonde voor God. Jesus het dit vrywillig en plaasvervangend kom doen en aan ons 5eie dood die angel verwyder. Ons sterf nog, maar ons dood is een van verlossing, deurgang na die ewige lewe
C. Die dood is dieweg van oorwinning -die dood is n vyand. Daar is nie n groter vyand as die dood nie. Die dood het in Christus magteloos geword. Jesus het die dood oorwin. En daarom kan ons ook ons lewe met nuwe oësien, sonde angs en wanhoop.
En begrawe is
Jesus heilig ook ons graf. Dit waarvoor die graf staan en beteken,is in Jesus ook in beginsel weg geneem.
Verder nadenke -n verwysing van Calvyn wat in dieverband verklaar dat nie die reuk van die dood nie, maar ook die geurvan die lewendmakende Gees deur die begrafnis van Jesus na ons toekom. Jesusis die draer en die bringer van die Gees. Jesus gaan die graf binne om die doodsheid van dood te oorwin.
So verloor die graf sy karakter as laaste rusplek. Die graf word die wagplek vir die opstanding met die wederkoms.
Volgens Paulus in Rom 6 het die die dood ook betekenis vir ons vir vandag. Deur die doop isons ou mens saam met Christus begrawe. Dit het verlede tyd geword. En word ons geroep om nou al in die nuwe te leef.Die skuld is weg. Die verlede is weg.
En ter helle neergedaal het
Hierdie deel van die geloofsartikel is eers in die 4e eeu in die geloofsbelydenisse ingesit en ook nog later in die Apostoliese geloofsbelydenis. Tog is hierdie uitdrukking nou n kosbare deel van onsbelydenis, want dit gee uitdrukking aan die absoluutheid en universaliteit van Christus en van die heil inHom. Die hel isdielaagste vorm van vernedering. En Jesus het as middelaar daar ter wille van ons ingegaan.Luther sou weer sêdie hel is die laagste plek waar Jesus die dood sou oorwin en aan Satan en sy trawante die laaste oordeel sou voltrek.
Is daar nuwe perspektiewe wat vir u in hierdie opmerkings byval?
Pinkster 26 Mei
Vandag maak ons klaar met die gedeelte van die twaalf artikels wat oor Jesus getuig.
….Wat op die derde dag
Eers na drie dae – nie direk vanaf die kruis nie, nie onmiddelik na hy sterf nie, eers drie lae later – Jesus was dood en God laat Hom daar. Binne die Joodse tradisie beteken dit Jesus was op die Sabbat (Saterdag) in die doderyk. Jesus vervul die Sabbat as die Messias, maar so skeur die tempel se voorhangel ook oop en kom daar nuwe lig deur o.g.v.d ie werk as Jesus die Middelaar.
Die betekenis daarvan is oorweldigend – dit beteken die oorwinning oor die dood, die verlossing van verderf, en die deurbreek van die ewige en verloste lewe. Niks anders kan met Jesus se opstanding vergelyk word nie.
Die Christendom is dus nie maar net n kultuurverskynsel nie.
Dit is so uniek soos die opstanding self.
Opgestaan het uit die dode.
- Kern van evangelie.
- eintlike groot gebeurtenis van geskiedenis.
- eintlike rede waarom evangeliste en apostels die wêreld ingevaar het.
- eintlike rede vir die bestaan van die kerk!
Die Christelike geloof is leeg sonder die opstanding. Waardeloos.
Die verskil met Lazarus – wat as’t ware teruggeroep is uit die dood na die lewe, het Jesus deur die dood opgestaan in die ewige lewe.
Ons het nou ‘n lewende Here – nie net leerstellings soos van n Plato of Karl Barth nie. Nie maar net ‘n versameling sêgoed nie. Die Christendom is nie n klomp idees nie, maar n Persoon, wat leef en regeer.
Ons sondes is versoen deur hierdie oorwinningsgebeurtenis! Ons kan nou voor God verskyn danksy Jesus.
Ons kan nou reeds dus n opstandingslewe leef!
Hoe? –
a. Ons weet dat die lewe wat ons hier lewe nie verlore en verdoemend is nie. Dit is n verloste en sinvolle bestaan.
b. Daarnaas ook die verwagting. Ons sien uit na die volle omvang en finalisering van die historiese proses.
Opgevaar het na die hemel
Waar is die hemel? Hoe lyk die hemel? Is die hemel deel van die skepping of deel van die ongeskape ruimte? Almal vrae van die verstand waarop ons nie maklike antwoorde het nie.
Maar wat is die hartsaak van hierdie belydenis?
a. Ons kan Jesus nie volg na die hemelse bestemming nie. Ons bestemming is in ‘n ander rigting, nl. die aarde. .
b. Jesus stuur die Trooster, die Heilige Gees in sy plek wat groter werk as Hyself gaan kom verrig. Ons bevind onsself dus in die kring van die werk van die Gees.
c. “Bedink die dinge daarbo” sê die Apostel – Beteken dit ons moet die aardse los? Wat is die dinge daarbo? Dit is Christus! Alles wat Met Jesus Chrstus te doen het..,
d. Waar gaan ons as ons sterf? Volgens die evangelies word ons versamel by ons Verlosser tot en met die wederkoms.
e. Ja, ons kan Jesus nie hemel toe volg nie – want hy kom ook weer terug! Dit is die spanning van die eindtye – die vloeibaarheid van die Christendom tot die uiterste toe gerek. Die hemelvaart is n tussentoestand – alles is gemik op die Koninkryk van God. Alles met wat Jesus kom doen het is steeds nog nie afgehandel of klaar nie, waarom dit eintlik gaan, is nog op pad.
Ons het met die hemelvaart n pand in die hemel van ons menslike vlees. Dit is die onderpant van ons eie liggaamlike opstanding.
En sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader
Van Ruler maak n pragtige punt hier met verwysing dat hierdie belydenis dog wel nie letterlik of wetenskaplik opgeneem kan word nie en dat dit simboliese geloofstaal is. Wetenskap laat gaan ons vooruit op materiële gebied, maar verarm ons en laat ons geestelik ten gronde gaan. Wie alleen op wetenskaplike wyse aan die werklikheid dink, leef by die eintlike van die wêreld verby. Ons het ook geloofsimbole nodig om volledig mens te wees.
Sit aan die regterhand – bedoelende heers saam met God oor die wêreld. Deelneem aan die regering van die wêreld. Godsregering het dan die struktuur van Christusregering.
Dit gaan in die artikel dus oor die mag van Christus. Hy tree in vir ons, Hy doen voorbidding vir ons, alles op grond van Sy offer op Golgota. Hy is koninklik sowel as priesterlik besig. So regeer Christus nie alleen die kerk nie, maar ook die wêreld. Sien ons iets daarvan? – soms wel en soms nie – maar u en ek leef aan die hand van die evangelie deur geloof en ons geloof laat hoop en bring lewe.
Van waar Hy sal kom,
Wanneer ons oor die wederkoms dink – is daar baie gelowiges wat dit die einddoel van hul geloof maak. Byna verabsoluteer – maar, word ons gewaarsku, dan vergeet ons wat reeds vir ons gedoen is vanuit die heilsgeskiedenis in Christus. Ons kan ook maklik die werke van die Heilige Gees in die hede oor die hoof sien as ons net fokus op die wederkoms. Ons deel tog reeds in die verlossing en al die oorvloed daarvan, en mag ons nie so met die toekomstige uitsig van ons geloof so behep raak dat ons die realiteit van nou uit die oog verloor nie.
Ons behoort balans te hê – ons bely Jesus se koms na ons in die vlees, – en – ons bely Jesus se wederkoms. Ons kyk dus na die toekoms, maar ons kyk ook terug in die gekiedenis. In die werk van Christus wat agter ons lê is die volle verlossing van die mens ten volle afghehandel. Die Heilige Gees is uitgestort. Hy woon by ons om ons deel te maak aan die verlossing.
Jesus se tweede koms is dus geheel en al verbind aan sy eerste koms. Hy het reeds in beginsel sy skepping verlos, en kom weer om dit te voleindig.
Ons verwag nie iets onseker of vaag nie. Ons weet waarvoor ons wag.
Ons verwag Jesus se wederkoms, ons siendaarna uit. Ons het hoop vir die wêreld, en na ‘n voltooing van die historiese proses waar alle los drade tot volle eenheid sal saamval en bymekaarkom – ‘n volle onthulling en volle openbaarmaking en verlossing en verheerliking.
Om te oordeel
Jesus se eerste koms is heel anders as sy tweede.
As ons vra waarom Jesus gekom het = versoen en te red.
Vra ons waarom hy weer kom, sê ons belydenis = om te oordeel oor die lewendes en die dooies.
Daar is n groot spasning in die inhoud – tussen red en oordeel. – dit vertel ons dat die evangelie nie net n snoesige verhaal van liefde en redding is nie, maar dat die evangelie bepaald ook n kragtige element het van van oordeel oor alle vorme van ongeregtigheid het.
Die aarde moet skoongevee word van alle vorme van onreg en geweld. Die kwaad moet tot op die droesem uitgesny word uit die werklikheid.
Hierdie reg sal seevier! Hierdie oordeelsdenke is selfs net so sterk of ten minste gelyk aan die woorde – liefde en vergewing. Daarvoor moet ons wag, terwyl ons moet nou voortleef in die liefde en vergewing.
So kom die regter, maar Hy kom ook as Heiland. In Hom is die laaste oordeel ook reeds voltrek. Aan Hom is die oordeel gegee. in Jesus lê die finale beslissing en elke mens is voor die keuse gestel. Daardie keuse sal op die laaste dag openbaar word.
Aan die anderkant gee die verwagting ook sekerheid. Ons is nie maar deel van n dolle oordraadgedraaide lewe wat doelloos in die rondte draai nie. Die geskiedenis speel af op n einde van n historiese proses – Die wêreld loop uit op die koninkryk van God!
Die lewendes en die dooies
Hieraan lê die geweldige gedagte dat geen mens ooit die oordeel sal ontsnap nie.
Die hele lewe en ook die sterwe wat deurgemaak is kom op die rekening – wat n majestieuse gedagte in die Christendom.
Ook die dooies sal die opstanding beleef en verantwoording aflê.
So word alle mense, elke mens ernstig opgeneem. Nie net ons lewe nie, ook ons sterwe. Die Here is in ons geheel en al geinterreseerd. Ons word nooit gelos nie – ons sal ten volle tot verantwoording geroep word. Ons behoort aan Jesus as ons skepper en ons verlosser – en die feit sal daarin n bepalende rol speel.
In ons volgende bydrae behandel ons ons geloof in die Heilige Gees en in die Kerk
Pinkster 27 Mei
Ek glo in die Heilige Gees 126.
Die Derde groep artikels – gaan oor ons geloof in die Heilige Gees.
Heilige Gees is God, soos hy by ons inwoon. Drie nadere bepalings;
- Dit gaan oor God. Die hele God. Wat by ons inwoon. Dit is wat ons bely en wat die belydenis so groots maak. God self woon by ons in.
- Slegs inwoning. God woon by ons in. Ons bly onsself en God bly God. Ons is nie een nie. Ons is twee. En soos dit met n huishouding gaan waar meer as een woon gaan hierdie huishouding ook so, God se Gees en ons vlees is in ‘n verhouding.
- God woon nie net in diep in ons innerlike nie, maar daar word ook meermale verwys na die liggaam. Die Gees woon in die Kerk as liggaam van Christus. Ons eie liggame is ook tempels van die Heilige Gees. Die Gees woon ook in ons as kerk of as gemeenskap.
Maar Sy inwoning by ons is ook sy arbeidspunt van waar af Hy werk. Wat doen Hy? Baie! God kom raak ons aan met die diepte van Sy verlossing wanneer hy ons uit ons staat van wanhoop en en verlorenheid kom uitlig tot die staat van verlostheid, troos en verwagting. Hierdie waarheid neem ons lewe oor deur die inwoning van die Gees by ons. Daarvoor kan ons God innig dankbaar wees en liefwees vir hom. Hoe kom die Gees daartoe? …Deur sy voorafgaande werk,
En met sy verligtings werk – ons leer die wil van God ken. Ons begin lewe in sy diens, ons begin beleef die wêreld as God se wêreld. Deur die Gees begin ontwikkel ons n sensiwiteit vir God se koninkryk, vir die eindbestemming van die wêreld.
Deur die werk van die Gees kom ons ook aan die gang. Elk op sy/haar manier, maar deel van die groot proses en word ons deel van die historiese proses.
Die Christendom neem hierdie werklike inwoning en werk van die Gees as werk van die drie enige God vir ons en in ons ernstig op.
Ek glo in die kerk
Bedoelende, ek glo in die kerk in die sin dat ek deel is van die kerk. Ons bedoel hiermee dat ons in die kerk glo soos ons glo in die vergewing van sondes en die opstanding van die vlees.
Die kerk is ook nie deel van die skepping nie. Die kerk is besonders deurdat sy bestaan en ontwikkeling vanuit die Messias, die Christus stam. Die kerk is die volk van God, ook die tempel van die Heilige Gees.
Die kerk word aste ware die eerste subartikel van die werk van die Heiige Gees genoem
Met die artikel word verwys na die werk van die Heilige Gees wat dissippels en apostels uitgestuur het die wêreld in, wat dienaars van die Woord oral aangestel het, wat die ampte daargestel het, wat die kerklike tradisie daargestel gestel en wat die werk doen dat die prediking en die Woord in mense se harte deurdring, dat mense tot inkeer en bekering kom, dat mense God bely en loof. Daarom is die kerk so belangrik en rede tot opgewondenheid en erns met die kerk. Die kerk is tegelykertyd sigbaar en onsigbaar, liturgie en diakonie, amptelik en menslik – almal fasette van die kerk as die “katedraal van God se liefde”.
Ons moet versigtg wees vir oorromantisering, want die kerk is ook die plek waar God kom inwoon saam met sondaars. Daarom moet n mens ook nie te veel verwag van die kerk en van christene nie. Ons beleef onsself steeds as verlore sondaars. Ons kan alleen ons verheug in die Middelaar wat ons wil saamweef, ons leef van sy genade en sy liefde. So sterf ons ook.
So word die katedraal van die liefde (kerk) gevul met n onmeetlike stralende lig van n misterie –‘ n misterie van sondaars bewus van hul skuld op die sonde en ook in die lig van die versoening van daardie skuld in die offer van Christus en van die oorwinning van die dood en die opstanding Vanuit die kerk word die lig oor die wêreld uitgestraal.
Die eintlike wat die kerk dus doen is sing! Bo alle sinloosheid en verlorenheid bo alle skuld en dood uit die kerk is in een woord die beliggaamde vreugde.
Heilige kerk
Die gereformeerde kerk maak erns met die feit dat die wêreld in sy sigbare en stoflike gedaante nie onheilig is nie, maar juis ook heilig. Dit is slegs agv die sonde en die heerskappy van die bose oor die geskape werklikheid wat onheilig is. Die kerk is daarom heilig omdat dit weer die wêreld van sy onheiligheid verlos deur sy verbondenhed aan Christus.
Om dit op maniere uit te druk sal ons kan se die kerk is die liggaam van Christus – die kerk is dus heilig vanuit Christus. Die kerk is ook die tempel van die Heilige Gees, met alles waarvoor ons die Gees ken.. Ons praat ook van die heilige Skrif. Want dit vervat God se woord. Woorde van die ewige lewe, woorde aan die kerk toevertrou ,
Die instellinge van die kerk soos die liturgiee en die ampte word as sodanig vorme van heiligheid. Die heilige doop en die heilige nagmaal – ons sou kon praat van die heilige kerkdiens ens.
Alle gelowiges is heiliges volgens die NT. Die gemeenskap van die gelowiges is n heilige gemeenskap.
Daarom is elke individu deur Jesus ook essensieel heilig – daarom kom almal voor die vraag – hoe sal ek my lewe uitwerk: Hoe sal ek my eie lewe opvat en aanvat? In die verlorenheid van die goddeloosheid of in die verlostheid van die heiligheid?
Ja, heiligheid gaan ook gepaard met val en opstaan – dit woed sigself uit in die wêreld van gebrokenheid, van stukkende verhoudings, onreg in maatskappye en strukture, sedeloosheid geweld oral terreine waar die heiligheid van die kerk se lig moet deurstraal en verwerklik word. n Heilige kerk beywer en werk die koninkryk van God uit – dit is die eintlike heiligheid.
Algemene kerk
Algemene kerk is n vertaling van die woord “katolieke kerk” Ons pak van die betekenisse uit:
Die eenvoudigste sal beteken dat die kerk nie onderskeid maak tussen mense nie. Verskille in leeftyd, leefstyl geslag, in stand, of ontwikkeling, nasie of ras speel nie n rol nie. Die kerk omvat mense van alle leeftye, geslagte, klasse sosiaal en intellektueel.
Die katolisiteit of universaliteit van die kerk beteken nie dieselfde as die algemene menslikheid nie. Die kerk kom nie uit die algemene menslikheid uit nie, wel vanuit Israel, die liggaam van die Messias. n Mens moet Hom erken en bely om tot die kerk toegereken te word. Daarvoor moet mens sy heidendom afsweer. Alle mense doen nie dit nie. Mense het die vryheid van keuse en mens moet dit toelaat.
Dit beteken dat sulke mense nie deel aan die verlossing in Christus nie en tweedens beteken dit dat nie alle mense deel is van die kerk nie. Die kerk het n eie en aparte gestalte in die geskiedenis van die mensdom.
Daarom is daar ook dikwels spanning in die kerk, daar is opvoeding, vermaning, tug en allerlei kragte wat in balans gehou moet word om die katolisiteit van die kerk te behou.
Daar is verskillende gawes in die kerk.
Tog beteken katoliek nie om net verdraagsaam te wees met verskille nie, dit beteken ook dat die kerk streef na die volheid van dinge – deur al die ampte, rituele, liturgiee, sakramente probeer die kerk gestalte gee aan sy roeping as heilige woonplek van die Here en gee die kerk voortdurend aan elk aandag.
Deel van die katolisiteit van die kerk is dat dit inpas en aanpas in die omgewing waar dit posvat – in so mate dat mens dit “volkskerk” kan noem, om digby die plaaslike gemeenskap te bly en tuis te bly by die mens wie dit bedien en verteenwoordig.
Christelike kerk
Volgens Van Ruler is die woord “Christelike” n ongelukkige byvoeging wat onnodig is. Daar was van vroeg af n besorgdheid dat die artikel “ons glo in een katolieke kerk” te na aan die Rooms Katolieke kerk verwys.
Sou mens dus vra, wat dan wel positief gehaal kan word uit die woord christelik – so gesien, benadruk die kerk dat dit die kerk van Christus is. Die kerk is net Christus se liggaam. Hy is die hoof. Christus word in die kerk aangeroep en aanbid. Christus regeer in sy kerk. Hy doen dit deur sy Heilige Gees. Wanneer ons van die kerk praat weet ons dat dit vanuit die werk van die HG is.
Christus is die hoof, en daar is ook die aktiwiteit van die liggaam van Christus, die kerk. Maar die kerk is ook n belydeniskerk – waarvan die wortel lê in die belydenis van Petrus – U is die Christus, die seun van die lewende God, bedoelende daarmee dat die ryk van God nou naby gekom het, dat die heil vir die wêreld nou aangebreek het dat die ewige lewe vir ons geskenk is, dat die tyd aangebreek en vervul is, en dat die lewe inhoud en betekenis gekry het. Daarmee kan die kerk met niks anders vergelyk word nie, dit is nie n kultuur of politieke organisasie nie – dit het sy wortel en identiteit in Jesus, die Christus, en die wese van die kerk lê in sy verborge vereniging met Christus.
Ja, die kerk is op vele maniere diensbaar aan die wêreld, maar nie op n verslawende wyse nie. Die kerk bly n eie identiteit. Die woord Christelik help met hierdie onderskeiding. Die kerk is apart van die staat en van alle ander vorme van publieke organisasies.
n Laaste voordeel van die woord christelike is dat dit ons bly herinner dat die strewe en werk van die kerk na medemenslikheid baie mense afsit. Hulle soek meer woorde soos medemenslikheid of menslikheid met n humanistiese klank, maar die woord Christelik herinner ons dat ons mense en mede menslik word alleen eers nadat jy vanuit die Messias, die Middelaar tot bekering gekom het . Die lewe moet bekeer word alvorens dit ware lewe, menslikheid en medemenslikheid word.
Pinkster 27 Mei
Ek glo aan die gemeenskap van die Heiliges
Hierdie artikel het ook later by die geloofsbelydenis gekom. Iewers tussen 350 en 500nC.
Eenvoudig gesien lyk dit soos n verdere of nadere omskrywing van die Kerk. Bietjie verder gekyk word die hele kerklike gemeenskap deur die eeue heen saamgevat in die beskrywing. Almal van die verlede, nou en ook in die toekoms, is ingesluit. Almal behoort by ons en is saam met ons in die gemeenskap van die kerk. Ons herken en erken mekaar in die naam van Christus. Die kerk is n gemeenskap wat die tye oorspan – wat n wonderlike gedagte. Daarmee laat blyk ons dat die kerk nog lank nie afgehandel is nie, en kry die kerk ook ‘n toekomsblik. Maar ook te dinke aan diegene in die verlede, wat al reeds deel is van die ewige singende koor. Die volle gemeenskap van die kerk!
n Kerk wat ook oor die grense van die dood heen kerk is. Die strydende kerk in gemeenskap met die triomferende kerk.
Die gemeenskap van die heiliges beteken die gemeenskap van heilige mense, maar ook dinge. Soos bv. met Sakramente, so kan mens sê die mense neem deel aan die Sakramente, maar ons sou ook kon sê – die sakramente verenig die mense. So maak ons die gemeenskap met mekaar en met Christus n sakramentele gemeenskap. So, deur die verstaan van die Woord word die sakramente dus ook deel van die geloofsbelydenis. So kan die gawes van die Heilige Gees ook as heilige dinge gesien word. Niemand het dus n gawe twv hom of haarself ontvang nie. Dit moet gewillig en met blydskap tot diens gestel word van die opbou van die gemeente.
In die kerk is ons gemeenskap verder en dieper as die van n tennisklub of n krieketklub of n kultuurorganisasie – ons is verbonde aan mekaar deur ons verbondenheid met Christus.
Daarom behoort die kerk die voorbeeld te wees van gemeenskap aan die wêreld. Ja die kerk is baie verdeeld, maar die wêreld is nog meer verdeeld.
In die misterie van die kerk, in die gemeenskap van die heiliges en die heilige dinge lê die grote versoening waardeur die wêreld genees sou kon word- vanuit die kerk sou die wêreld ook in kleiner en groter verband tot waaragtige gemeenskap kan kom.
Ek glo aan die vergewing van sondes 147)
‘n kern Belydenis van die evangelie – of die kern!
Die belydenis is die oplossing van die probleem van skuld
en die belydenis van die opstanding van die vlees is die oplossing vir die probleem van die dood. Die Evangelie is soos n elips met die twee brandpunte.
n Moeilike een – vergewing. Om van vergewing uit sonde te leef….
- …moet jy eers verstaan hoe nodig jy dit het.. Mens moet ‘n sondebesef hê. Dat mens vir ewig verlore is omdat mens die punt van sy bestaan gemis het.
- Mens moet ook insig hê dat jy jouself nie daar kan uitkry nie.
- n Derde moeilike een is dat dit blyk dat God ook die mens nie meer so ernstig neem nie. Die mens is die dader van sy sonde, maar vir die vergewig daarvoor moet hy n middelaar benodig.
- Verder – die genade skep n vakuum. “Wat word dan van my verlede? Wie is ek dan?”
Tog moet n mens so ver kom. Hy sit soos n magneet vas aan sy eie sonde en sy skuld. En daarvan moet iemand hom wegskeur. n Pynlike operasie wat vlg Van Ruler ‘n hartoperassie na kinderspeletjies laat lyk.
Na die vergifnis, leef mens soos n beroofde bedelaar. Hy leef van gegewe goed. Humaniste sukkel met die beeld, want dit verontwaardig die mens.
Die evangelie van vergifnis maak dus die mens en sy bestaan heel onlogies en teen alles wat eintlik algemeen normaal en menslik lyk in die wereld.
Tog moet ons onthou dat die evangelie van vergewing ook die evangelie van versoening is. Die middelaar het die oordeel op hom geneem. Sy plaasvervanging skort ook die onlogika van die wêreldraaisel op.
Wanneer ons nie iets hiervan ons eie maak en daarmee worstel nie – en sommer net aflag en ontken, noem die evangelie dit die sonde teen die Heilige Gees – waarvoor daar geen vergewing oor is nie – wanneer ons ons hart so verhard dat God nie meer bereikbaar is nie.
Wanneer ons die evangelie verkondig sonder die werklikheid van die sonde maak ons daarvan n oppervlakkige burgery en neem ons nie die evangelie ernstig op nie. (Wanneer ons net die sonnige kant van die evangelie verkondig)
Die evangelie is nie opgesluit in die tyd nie. Die evangelie is n saak van n verhouding tussen die mens en God. Die evangelie gaan oor ewigheidswaardes. Die evangelie van vergifnis is n aksie waar ons weer voor God verskyn – byna soos die goddelike daad van die skepping – ‘n herskepping – herstel –
Nêrens anders vind mens vergewing in die wêreld as net in die evangelie! Geen ander godsdiens. Of filosofie of wysbegeerte. Vergewing is te onmenslik. Eintlik is dit onmenslik, want dit is n Godsverhaal en ten volle n Christelike verhaal.
In Christus kom Jesus en vergeef die sonde. Hy kondig aan dat hy die mag daartoe het. Hy kom stel hom voor as God self, sy omstanders beskuldig hom juis van godslastering. Hy bring ook die offer van die sonde en so versoening en vergifnis. Na sy opstanding stuur hy sy apostels die wereld in met volmag om aan alle volkere van die aarde die keuse te gee om van sonde verlos te word of dit te behou.
Die kerk is die opvolging en produk van die apostels, daarom sê ons is daar buite die kerk geen saligheid is nie. Maw: wie bereid is om uit die vergewing te lewe kan die vergewing alleen in die kerk vind waar die apostoliese evangelie verkondig en gevier word.
Dalk het mense nie meer so baie behoefte aan vergifnis nie en is dit die rede van baie buite- of onkerklikheid. Ons voel nie meer ons is sulke sondaars nie.. Die moderne mens beleef homself meer as die slagoffer van geweld, trauma en al minder as die dader van sy dade. Die mens beleef homself meer as voorwerp, as ding – heel verontmenslik.
Wanneer ons vanuit die vergewing leef, moet ons ook so leef teenoor ons medemens. Ons moet vergeef met die vergewing van God. Dit is hoe n samelewing Christelik gekersten word, min mense, selfs nie eers meer Christene wil regtig iets weet van gekersten word, nie.
Sondag sluit ons die Pinksternadenke oor die Apostoliese geloofsbelydenis af deur na die laaste twee artikels te kyk.
Pinkster 27 Mei
Laaste dag van Pinkster
Seëngroet.
Lied:
Geloofsbelydenis
Ons is die afgelope week van verlede Sondag af besig om die Twaalf artikels te behandel, en vandag is die laaste twee artikels van die reeks aan die beurt. Ter wille van die lengte van die videos val ons dadelik weg:
(Ons glo) In die wederopstanding van die vlees
Kan mens aan die opstanding van die vlees glo as jy nie aan die vergifnis van sonde glo nie?
Sonder hierdie twee geloofsartikels is jy alles wat Christelik is, kwyt.
Natuurlik kan ons ons dit nie voorstel nie. Ons kan dit selfs nie eers lekker indink nie. Daar is baie wetenskaplike en logiese besware daarteen. Onbegryplik – net so onbegryplik as die feit dat ons bestaan, end at ons van uit niks geskape! Daarmee leef ons elke dag saam want ons beleef ons lewe.
Die opstanding is n hoop wat ons het omdat ons dit deur die evangelie verneem. Deur die opstanding van Jesus aan ons gebring. En dit betwyfel ons egter.
Daar is ook n eksistensiele vraag in – nie net opstanding van die vlees as daad van God – maar ook die feit dat ons weer moet opstaan en – nie bly lê nie, maar opstaan! Die evangelie jaag ons uit ons luiheid om op te staan!.
Na baie jare se nadink is van Ruler van mening dat hierdie feit van die evangelie die eintlike aantrekkingskrag van die Christendom is. Hiermee word teenoor alle ander godsdienste en filosofiese denke, werklike verlossing en werklike antwoorde oor die dood gegee.
Die dood word oorwin. Ons lê ons nie neer by die lewe en die dood nie, ons weet ons moet die dood hanteer, en doen dit ook.
Hierdie artikel laat ons ook nie die geskape werklikheid loslaat nie.
Die artikel help ons om ons hele menslikheid, liggaam en siel met ons saam te neem. Wanneer Jesus ons verlos, verlos hy my tog as hele mens met alles wie ek is – hy verlos nie net stukkies van my nie. Daarom word ek geheel en al met wie ek is, opgewek in die wederopstanding.
Die artikel van die opstanding laat my saam verbly dat ek mede aangekom het by die uiteindelik doel van God, ek het die eindpunt gehaal. Ek is deel van God se samevatting van die hele wêreld en skeppingsgeskiedenis.
Tog het die artikel nie net n individuele strekking net op my as enkeling gefokus nie. Die artikel herinner my ook aan die uiterlikheid, en daarom aan samehorigheid of gemeenskaplikheid.
‘n Nuwe hemel en n nuwe aarde waar geregtigheid uiteindelik sal woon, n paradyslike prentjie!
Ja, met die opstanding kom ek ook in die laaste oordeel. Ek doen verantwoording vir wat het ek gedoen met myself, my naaste en met God. Ek word uiteindelik ernstig opgeneem. Wel sal ek die middelaar langs my nodig hê om deur die “eksamen” te kom. Daar is dus in elke stukkie van die lewe op aarde reeds iets van die ewigheid opgesluit, en daarom is hierdie lewe n saak van erns.
Laastens sal daar ook transformasie plaasvind by die opstanding. Verheerliking. Geen verderf meer. Daar sal reg geskied aan ons almal. Reg sal herstel word. Dit is deel van wat ons bely met die artikel van die wederopstanding.
Ons totale huidige lewe word gestempel deur hierdie artikel ernstig op te neem. Ons kan as’t ware sê dat ons nou al leef in die permante staat van opstanding. Dit is Christelike eksistensie – christenwees in sy wese. Opstaan uit ons moedeloosheid, geestelike magteloosheid en wanhoop. Opstaan tot die daad! opstaan om die lewe en die wêreld aan te vat! Opstaan uit alle swaarmoedigheid tot vreugde.
Sonder die werk van die Heilige gees sal hier niks van kom nie.
Ek glo in die ewige lewe (155)
Ons kan hierdie belydenis doen op grond van die opstanding van Jesus. Nie net sy verkyning aan die dissippels nie, maar ook die ewige lewe is in daardie verskynings opgesluit. Die dissippels kon dit sien en tas met hul eie hande. En vandaar uit, kon hulle die ewige lewe in Christus gaan verkondig en die nuus deel met die wêreld.
Wat is die ewige lewe? Die opgestane Jesus is die selfde as die historiese Jesus. Ons kan sê, die ewige lewe is dieselfde lewe as die lewe van hier en nou, behalwe dat dit deur die dood en die opstandig gesuiwer is. Enersyds – ons lewe, soos nou, vry van enige vorm van verderf, andersyds n lewe voor voor God en voor sy ewige aangesig.
Daarom lewe ons die ewige lewe nou al!
Ons gaan nie net deur die dood en die opstanding nie.
Ons gaan ook deur die bekering en die wedergeboorte – ook al ‘n soort opstanding en begin deel hê aan die ewige lewe – waarvan die kenmerk die liefde is. Die liefde bly, sê die apostel. Die liefde is aan beide kante van die dood dieselfde. Dit is die liefde waarmee God ons liefhet, verpersoonlik in die seun Jesus Christus. Met so ‘n liefde kan ons ons laat bemin en kan ons ook gaan bemin – dan lewe ons die ewige lewe!
Byna hoër as die liefde, is dan die vreugde, oor God en oor al sy dade. Vreugde oor onsself en al ons naastes. Oor die totale werklikheid. n Vreugde van God waarmee hy ons verheug. ‘n opperste vorm van ewige lewe.
Kan ons nou al deel hê aan die ewige lewe? Dit lyk die bedoeling te wees, hoewel ons daarmee sukkel. Ons sit nog vas in die sondigheid waarvan die kenmerk swaarmoedigheid is. Ons beleef slegs iets baie kleins van die vreugde in ons harte. Dit doen ons goed om in die liefde te bly leef en die volle vreugde van eendag te verwag.
Die Skrif vertel ons waarna ons kan uitsien. Niemand weet presies hoe dit sal lyk nie. Ons moet ons nuuskierigheid bedwing. Calvyn sê ons moet ons nie te veel daaroor verknies nie, maar eerder nou besig wees met die weg na die ewige lewe toe.
Augustinus sê die ewigheid bestaan uit die woorde amen en halleluja. Amen beteken dit is vas en seker. Dit is die volle werklikheid. Ons kyk terug en ons bevestig dat ons hele lewe uitloop op die sekerheid. Dit was nie net n droom nie, al die trane was die moeite werd, Dit was nie net n nagmerrie nie. Dit is uiteindelik alles so!
Halleluja – loof God! Prys die Here! Dit is die elementêre van lofprysing in die ewige lewe.
As die Here God in alles en in almal is sal dit lig wees, ewig lig wees lig uit lig en lig uit duisternis.
Daaom kyk ons met nuwe oë na ons huidige realiteit/vandag en nou. Ons maak moeite daarmee. Die ewige lewe is die inhoud van ons verwagting. Ons koester dit. Ons onderwaardeer dan nie die huidige lewe nie, juis andersom.
In ons amen en ons halleluja word alle duisternis verklein tot een klein puntjie op die skaal van die geskiedenis, dit word oorweldig deur die ewige vreugde. Die ewige lewe is nie net ewige gemeenskap met God nie, dit is ook lofprysing oor alles wat Hy gedoen het in die tyd. Daarom is dit ook vreugde in onsself en met onsself.
Dit alles ogv van Hom wat bereid was om die offer te bring, die versoening te bewerkstellig deur die dood heen te gaan die ewige lewe oopgemaak het, en aan die apostels verskyn het!
Hiermee dan die einde van ons nadenke oor die Apostoliese geloofsbelydenis. My geloofslewe is opnuut verryk deur die nadenke oor die inhoud van ons geloof. Ons het sekerlik net aan die spreekwoordelike puntjie van die seekoei se ore geraak, maar daar is vir my nuwe rykdom in my kennis van ons drie-enige God, van myself, en van die wonderlike wêreld waarvan ons ewig deel is.
Ek vertrou dat dit ook vir u wat die reeks gevolg het, of dalk nou gaan opsoek op die videos dieselfde ervaring sal wees en dat u nuwe stof tot nadenke en rede tot n vervulde christelike lewe lewensuitkyk ontvang het of sal ontvang.
Ons lof aan die Heilige Gees van die Here wat ons hierdie toerusting, troos en rede tot lof voorsien. Amen, Halleluja…. Ds J Mocke