Buite om ons kerkgebou is daar opritte wat vir rolstoele en ander gestremdes toegang verleen tot die gebou, maar dis baie moeilik vir rolstoele om binne die kerkgebou te beweeg. Ons is besig is om te kyk na die moontlike skuif van banke en die bou van ‘n oprit in die regterkantse voorste hoek (want aan daardie kant is reeds ‘n oprit buite) om sodoende die kerkgebou meer rolstoelvriendelik te maak. As iemand ons dalk hiermee (beplanning en veral houtwerk) kan help moet hulle asseblief die kerkkantoor skakel.