Waar vriende ontmoet…

Projekte

Spens

Daar word weekliks kospakkies aan verskeie gesinne van Brackenfell gemeente uitgegee wat tans gebuk gaan onder moeilike finansiële omstandighede.

Spens

Enige skenkings van enige nie-bederfbare kos en skoonmaakmiddels kan by die kerkkantoor afgegee word.

 

Bedelaars - Verantwoordelike Hulp

Bedelaars

Ons as gemeente het besluit om verantwoordelike hulp aan bedelaars te bied.
Ons ondersteun die M E S- etekaartjie stelsel.

M E S- etekaartjies vir bedelaars is beskikbaar by die kerkkantoor @ R50 vir ‘n boekie met 11 etekaartjies. Gee ‘n kaartjie aan bedelaars by jou huis en by die verkeersligte. Hulle kan dit inruil vir ‘n bord kos by Brackenfell-stasie (09:00 tot 12:00) asook by nagskuilings in Bellville en Parow. Wanneer hulle daar kos kry word hulle in ‘n program opgeneem wat hulle help.

LW: Kos en klere wat aan hulle gegee word verkoop hulle vir drankgeld.

 

Sarfat

Sarfat is ʼn nie-winsgewende organisasie wat die missie het om koninkryk van God uit te bou deur gemeenskapsontwikkelings projekte om sodoende die kwaliteit van die gemeenskap op te hef. Ons gemeente is ‘n vennoot van Sarfat en ondersteun hulle aktiwiteite.

Die volgende hulp word benodig :

  • Die naaldwerkklas soek dringend lap en veral gare. Dit kan na die kerkkantoor gebring word waar hulle dit sal kom afhaal.
  • Hulp met Kuns- en handwerk word benodig: Die Masikhule vigsgroep doen Donderdagmiddae kunswerk en handwerk en enige hulp hiermee word verwelkom.

Indien u kan help kan u vir Clemont of Ina by 021 987 5967 / projects@sarfat.co.za kontak.

 

Additional sources: JasonDoiy via Getty Images

Brackenfell Gemeente Facebook

There are no upcoming events.