Stasies van die Kruis

Welkom by hierdie jaar se stasies van die kruis geloofsreis

In ‘n oogwink is ons lewens omgedop en sien ons hoe al ons netjies uitgewerkte planne uitrafel. Ons is in ‘n liminale tyd, die tyd tussen wat was en wat gaan wees, onseker oor waarheen ons op pad is. Genadiglik weet ons dat, maak nie saak waarheen ons op pad is nie, God is reeds daar. Lydenstyd is ook so ‘n tussen-in tyd. Die tyd waar ons die seer en sleg van die wêreld vierkantig in die oë kyk en onsself toelaat om ook bewus te raak van ons eie seer en sonde. Ons doen dit egter terwyl ons weet dat ons sonde is vergewe, ons seer is saam met Christus gekruisig en God se koninkryk het reeds in hierdie wêreld ingebreek. Ons dink aan die kruis, terwyl ons weet daar was ook ‘n leë graf. Die gekruisigde Christus het ook opgestaan en oorwin. Ons lewe in hierdie tussen in tyd waar ons weet ons is reeds verlos, maar ons smaak nog nie die volle impak van die verlossing nie. Liminale tyd is altyd ‘n kreatiewe tyd, ‘n tyd waarin daar nuut geskep kan word. Ons het ‘n keuse oor wie ons is in hierdie liminale tyd en wat ons doen vorm wie ons is. Geloofsgewoontes is daar om ons geloof te help vorm. Om tydens Lydenstyd te bid en vas en aktief om te gee vir mense in nood is almal geloofsgewoontes, so ook is Bybellees, meditasie en om voor ete te bid. Hierdie handleiding het ten doel om gesinne te help om die geloofsgewoonte van die stasies van die kruis gebedsreis by die huis te doen. Dit is so saamgestel dat kinders en ouers dit saam kan doen. Mag dit julle geloof versterk. Neem gerus foto’s en stuur vir ons terugvoer op die gemeente se facebook blad “NGK Brackenfell scrapbook” https://www.facebook.com/groups/508141046537912/?ref=group_header of whatsapp dit na 066 033 2294 met jou naam en van by as jy nog nie geregistreer het vir die whatsapp groep nie.

Daaglikse videos

Daar word daagliks ‘n video met die teks en ‘n kort oordenking hier en op facebook gelaai.

Opstel van die stasies

Daar is 15 stasies om by die huis te doen. Die stasies is so geskryf dat daar elke dag een gedoen kan word met die laaste een op Paassondag. Die gaan bietjie vooraf lees en hier en daar voorbereiding vra. Kontekste verskil daarom word telkens ‘n paar opsies gegee om vanuit te kies. Julle kan een kies of almal doen. Kies dit wat vir julle die beste werk.

Liturgiese spasie

Kies ‘n spasie in die huis (dit hoef nie groot te wees nie) wat julle as liturgiese ruimte mooimaak om die stasies by te doen. Jy sou elke dag die spasie kon verander óf dit elke dag uitbou, afhangende van die spasie tot jou beskikking. Die kleur van Lydenstyd is pers en die hoof simbole is ‘n kruis, doringkroon en spykers om Jesus se lyding voor te stel. By elke stasie word daar spesifieke voorstelle gemaak. Hier is ‘n paar links na oulike idees en prente om te print. http://www.drawn2bcreative.com/40-days-of-free-lenten-printables-the-last-set-of-stations-of-the-cross-grottos/

http://catholicmom.com/2015/02/20/3-ways-to-craft-the-stations-of-the-cross/

https://www.catholicicing.com/printable-stations-of-cross-for/

Julle sal oplet dat daar hier en daar stasies is wat verskil. Ons doen die sogenaamde Protestante stasies wat klein bietjie verskil van die Katolieke stasies. Die Protestante stasies hou slegs by die gebeure wat in die Bybel opgeteken is, terwyl die Katolieke stasies ook buite-Bybelse bronne in ag neem.

Volgorde

Die stasie kan in enige volgorde gedoen word. Jy sou eers die skrifgedeelte kon lees en gesels oor die vrae wat daarby pas en dan die aktiwiteite doen. Jy sou ook eers kon doen en terwyl jy doen gesels dan die Bybelstorie lees en verder daaroor gesels.

Sien, hoor, voel, proe, ruik

Ons ervaar die lewe deur ons sintuie. By elke stasie is daar daarom ‘n voorstel vir ‘n sintuiglike ervaring. Nie al die sintuiglike ervarings kan nageboots word nie, vir sommige gaan jy jou verbeelding moet gebruik. Daar sal ook links met musiekvoorstelle gegee word wat spesifiek vir die verskillende stasies geskryf is.

Skriflesing

Die gedeelte kan gelees of vertel word. Die teksgedeelte kom uit die Nuwe Direkte Vertaling. Vir kleiner kinders is dit beter om die verhaal te vertel. Daar is ook baie oulike clips op YouTube wat gewys kan word.

Gesels oor die teks

Na die skrifgedeelte is daar vrae om oor te gesels – die vrae is ‘n manier om met die teks te “connect”. Dit is geskryf met gesinne met kinders in gedagte, maar kan ook deur volwassenes gebruik word. Pas die vrae aan vir jou en/of jou gesin. Daar is telkens ook ‘n vraag wat jou nooi om bietjie dieper te delf en verder te dink. Alle vrae kan óf oor gesels óf oor nagedink word by jouself. Dit kan baie betekenisvol wees om ‘n joernaal te hou en jou gedagtes neer te skryf.

Doen en gesels

Gebruik dit wat julle doen as aanknopingspunt om te gesels oor die vrae. Die vrae sal dalk ook bietjie aangepas moet word afhangende van die ouerderdom van die kinders. Al die aktiwiteite wat geprint moet word is in ‘n aparte pdf.

Inkleurprente

In ‘n aparte dokument sal daar ook ‘n meditatiewe inkleurprent vir elke stasie wees.

Vir die inkleurprente stuur asb ‘n epos na denton.loumare@gmail.com of whatsapp my op 082 899 1505

Die volledige stasies van die kruis bundel kan ook hier afgelaai word.

Die Stasies van die kruis aktiwiteitsbundel kan hier afgelaai word.

 
 

Stasie 1: Jesus bid in Getsemané (Matteus 26:36-46)

Liturgiese spasie: 

Sit ‘n plant of prente van plante in julle liturgiese spasie neer. 

Julle sou ook optelgoed uit die natuur soos stokke, klippe en blare daar kon sit.

Ervaar deur jou sintuie

Ruik en voel plante, kruie, grond. Hoor die lewe in die tuin. Proe die southeid van die sweet.

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek.

Lees die teks

Toe gaan Jesus saam met hulle na ‘n plek wat Getsemane genoem word, en Hy sê vir die dissipels: “Bly hier sit totdat Ek klaar gaan bid het.”  Hy neem toe vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saam. En Hy het bedroef en beangs begin word. Toe sê Hy vir hulle: “My siel is diep bedroef, tot die dood toe. Bly hier en waak saam met My.”  Hy het toe ‘n entjie verder gegaan, met sy gesig teen die grond neergeval en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan. Nogtans, nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.” Hy kom toe by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: “Was julle dan nie in staat om een uur lank saam met My te waak nie? Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.” Hy het vir ‘n tweede keer weggegaan en gebid: “My Vader, as dit nie moontlik is dat hierdie beker verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.” Toe Hy terugkom, vind Hy hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar van die slaap. Hy het hulle toe daar agtergelaat, weer teruggegaan en vir die derde keer gebid, en dieselfde woorde herhaal. Toe kom Hy by die dissipels en sê vir hulle: “Julle slaap en rus nog steeds? n Kyk, die uur het aangebreek, en die Seun van die Mens word in die hande van sondaars oorgelewer. Staan op, laat ons gaan. Kyk, die een wat My verraai, is naby.”

Gesels oor die teks

  • Wat staan vir jou uit? Waar het God jou gedagtes laat vashaak?
  • Hoe voel Jesus hier?
  • Vertel vir mekaar van ‘n keer wat jy so gevoel het
  • Het jy al probeer wakker bly wanneer jy baie vaak is? Wat het jy gedoen om wakker te bly?
  • Het jy al ooit aan die slaap geraak as jy bid? Hoe voel jy dan?
  • Hoe dink jy het die dissipels gevoel?

Delf dieper: 

  • Hoe laat die woorde van Jesus se gebed jou voel: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan. Nogtans, nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.” Het jy dit al ooit gebid? Wat was die omstandighede? Wat het gebeur? Wat maak hierdie gebed nou met jou?
  • Dwarsdeur Jesus se verhaal sien ons dat bid en doen nie van mekaar losgemaak kan word nie. Waar wil God jou gebruik? Is dit ook dalk iets wat jy eerder sal wil vermy?

Doen en gesels.

Plant saad/boontjies. Gesels oor hoe dit vir lank lyk of daar niks gebeur nie en dan skielik sien mens die plantjie deur die grond kom. Die lewe is tans onderstebo, dit voel asof ons in ons huise vasgevang is en niks gebeur nie. Amper soos die boontjie wat net onder die grond lê. Toe Jesus gekruisig is het hy ook drie dae in ‘n graf gelê, maar op die derde dag het hy uit die dood opgestaan. Al lyk en voel dit soms of niks gebeur nie, is God besig om in ons te werk, om nuwe lewe te kweek. Waarvoor kan jy vir God dankie sê? ‘n Boontjie plant vat 8 – 10 dae om te spruit. Dit kan baie mooi betekenisvol wees as dit so geplant word dat mens op Paassondag kan gesels oor die nuwe lewe wat uit die boontjie/saadjie gekom het.

Werk saam in die tuin. Wat ruik julle alles in die tuin? Waaraan laat die verskillende reuke jou dink? Watter plante dink julle was in die tuin van Getsemané? As mens in die tuin werk sweet mens dikwels. Jesus het van angstigheid gesweet. Was jy al ooit so angstig dat jy gesweet het? Wat maak jou op hierdie stadium angstig? Jesus het gebid. Wat doen jy as jy angstig raak? Wat werk vir jou?

Plak die prentjie. Gaan stap in die tuin of in die buurt en tel klippies, blare, blomme, stokkies, sand, ens. op OF gebruik herwinbare materiaal soos bokse, tydskrifte en weggooi papiere. Plak die toneel waar Jesus in die tuin bid en sy dissipels slaap met die goed wat jy bymekaar gemaak of opgetel het. Gesels oor hoe mens weggooi en ou goed gebruik om ‘n mooi nuwe prentjie te maak. Op dieselfde manier vat God situasies wat hopeloos lyk en mense wat voel hulle is nie veel werd nie en gebruik die situasie of die mense om iets nuuts te skep. Kan jy dink aan ‘n keer wat God iets moois uit ‘n hopelose situasie na vore gebring het. Waar vind jy hoop te midde van die Covid-19 beperkings en gebeure waarin ons tans is?

Sien die Stasies van die Kruis aktiwiteits PDF vir uitdrukbare materiaal.

 
 

Stasie 2: Jesus word verloën en gevange geneem (Matteus 26:47-56)

Liturgiese spasie: 

Hier is verskillende opsies moontlik, afhangend van waarop julle kies om te fokus. Jy kan ‘n tou en/of swaard (speelgoed/karton) sit vir Jesus wat gevange geneem word. Jy kan ook munte of ‘n sakkie met munte neersit om Judas se verraad uit te beeld.

Ervaar deur jou sintuie

Voel die toue, ‘n verraaiers soen; hoor die geluid van swaarde en mense wat skree

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek.

Lees die teks

Jesus was nog besig om te praat, toe Judas, een van die twaalf, skielik daar opdaag. Saam met hom was daar ‘n groot menigte met swaarde en knuppels, gestuur deur die leierpriesters en familiehoofde van die volk.Sy verraaier het vir hulle ‘n teken gegee: “Die een wat ek soen, dit is hy. Gryp hom.” Hy het dadelik na Jesus gegaan en gesê, “Gegroet,Rabbi!”, en Hom gesoen. Jesus het vir hom gesê: “Vriend, doen waarvoor jy hier is.”Toe het hulle nader gekom, Jesus gegryp en Hom gevange geneem. En skielik het een van dié saam met Jesus na sy swaard gegryp en dit uitgetrek. Hy het die slaaf van die hoëpriester getref en sy oor afgekap. Toe sê Jesus vir hom: “Bêre jou swaard op sy plek. Want almal wat die swaard opneem, sal deur die swaard omkom. Of dink jy nie Ek kan maar net my Vader vra, en Hy sal dadelik meer as twaalf legioene engele tot My beskikking stel nie? Maar hoe sal die Skrifte dan vervul word wat sê dat dit so moet gebeur?” Op daardie oomblik het Jesus vir die menigte gevra: “Het julle soos teen ‘n rower uitgetrek met swaarde en knuppels om My gevange te neem? Dag ná dag het Ek op die tempelterrein gesit en onderrig gee, en julle het My nie gevange geneem nie. Maar dit alles het gebeur, sodat die Skrifte van die profete vervul sou word.” Daarop het al die dissipels Hom in die steek gelaat en gevlug.

Gesels oor die teks

  • Wat staan vir jou uit? 
  • Waar het God jou gedagtes laat vashaak?

Delf dieper: 

  • Ons weet nie wat Judas se beweegredes was nie, maar ons weet dat Jesus deur een van sy naaste vriende met ‘n intieme gebaar verraai is. Kan jy dalk identifiseer met die gevoel van verraad? Vriende wat jou verraai, in die rug steek? Dalk ‘n intieme verhouding wat skipbreuk gelei het of ‘n huwelik wat op die rotse is? Dalk kinders wat jou verwerp? Of ouers wat heeltyd kritiek lewer? Jesus was ook verraai.
  • Judas het Jesus verraai vir 30 silwermuntstukke… dikwels raak werk, status, prestasie, geld vir ons so belangrik dat ons ons nabyste verhoudings opoffer om dit na te jaag. Het jy jouself al betrap dat jy dit doen? Wat doen die gedagte daaraan aan jou? Dink vir ‘n oomblik oor jou prioriteite.

Doen en gesels.

Speletjie: Muntstuk skattejag. Steek 30 muntstukke of doppies wat met foelie oorgetrek is weg vir die kinders om te soek en in ‘n sakkie te gooi. Vertel die res van Judas se storie gekry in Matt 26:14-16; 27:3-10.  Is jy al ooit verraai/in die rug gesteek deur iemand naby aan jou? Hoe het dit gevoel? Het jy al die persoon(e) vergewe?

Het jy dalk al iemand se vertroue geskend deur wat jy gesê of gedoen het? Het jy al jammer gesê?

Speletjie: Kom los Bind jouself so vas aan iemand anders. Terwyl julle so vasgebind staan, gesels oor hoe dit voel. Hoe dink julle moet dit voel om onskuldig gevang en opgesluit te word? Toe Jesus gevange geneem is, het sy dissipels weggehardloop uit vrees. Wat sou jy gedoen het? Hoe dink jy het die dissipels gevoel?

Probeer nou loskom sonder om die knope los te maak. Hier is die oplossing https://loquiz.com/2014/11/27/handcuffed-exercise-solution-and-ideas/, maar probeer eers self.

Aktiwiteit: Maak swaarde uit karton: Jesus sê vir Petrus om sy swaard weg te sit. Swaarde maak gewoonlik mense seer. Hoe het die swaard in die storie iemand seergemaak? Wat was Jesus se reaksie? Hoe kan ‘n mens swaarde op ander maniere gebruik (wees gerus kreatief en “silly”). Hoe reageer jy as jy kwaad of bang is? Help dit as jy so reageer? Hoe kan jy jou bang of kwaad wys/doen, sonder om ander mense seer te maak

Aktiwiteit: Geldsak met munte. Met ‘n rooi potlood skryf/teken maniere wat ons mekaar verraai op van die munte in die sak hieronder en skryf/teken dan met ‘n blou potlood maniere wat ons kan regmaak as ons iemand seergemaak het.

 
 

Stasie 3: Jesus word aangekla (Matteus 26:57-68)

Liturgiese spasie: 

Sit ‘n oop Bybel in die liturgiese ruimte neer. Julle sou ook ‘n prentjie van ‘n beskuldigende vinger kon bysit.

Ervaar deur jou sintuie

Hoor die gebrom van die mense. Voel die warm asems van ‘n klomp mense in ‘n klein spasie. Hoor die stilte van Jesus se antwoord. Voel ‘n vuishou en ‘n klap.

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie

Lees die teks

Die mense wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kajafas, die hoëpriester, waar die skrifkenners en die familiehoofde vergader het. Petrus het Hom op ‘n afstand gevolg, tot in die voorhof van die hoëpriester. Hy het na binne gegaan en by die dienspersoneel gaan sit om te sien hoe dit sou afloop. Die leierpriesters en die hele

Sanhedrin het vals getuienis teen Jesus gesoek, sodat hulle Hom kon doodmaak. Hulle kon egter niks vind nie, hoewel baie vals getuies na vore gekom het. Later het twee egter na vore gekom en gesê: “Hierdie man het gesê, ‘Ek kan die tempel van God afbreek en binne drie dae weer opbou.’ ” Daarop het die hoëpriester opgestaan en vir Hom gesê: “Antwoord jy dan niks op wat hierdie mense teen jou getuig nie?” Maar Jesus het stilgebly. Die hoëpriester sê toe vir Hom: “Ek besweer jou by die lewende God dat jy vir ons moet sê of jy die Christus, die Seun van God is.” Jesus antwoord hom: “Ú het dit gesê. Maar Ek sê vir julle:

“Van nou af sal julle

die Seun van die Mens sien sit

aan die regterhand van die Magtige, 

en Hom op die wolke van die hemel sien kom.” 

Toe het die hoëpriester sy boklere geskeur en gesê: “Hy het gelaster! Waarom het ons nog getuies nodig? Waarlik, nou het julle die lastering gehoor. Wat is julle bevinding?” Hulle het geantwoord: “Hy verdien die dood.” Toe het hulle in sy gesig gespoeg en Hom met die vuis geslaan. Sommige het Hom geklap en gesê: “Profeteer vir ons, o Christus, wie is dit wat u geslaan het?” 

Gesels oor die teks

  • Wat van die storie staan vir jou uit? 
  • Hoe laat die storie jou voel?
  • Waar sien jy jouself in die storie?
  • Het iemand jou al vals beskuldig? Hoe het dit gevoel?
  • Wat is vir jou die slegste deel van die storie?

Delf dieper: 

  • Leuens, vals getuienis, “fake news”, die inkleur van die waarheid of die uitlos van belangrike inligting is alles maniere wat ons die waarheid verdraai, gewoonlik om ons te pas. My ouma het altyd gesê dat waarheid wat bedoel is om iemand seer te maak is net so skadelik soos ‘n leuen. Mens kan die waarheid verdraai dat dit jou pas, die waarheid so inkleur dat jy goed lyk en ‘n ander nie. Baie stereotipes waarmee ons sit oor ander mense werk presies so. Vra God om vir jou die stereotipes waarmee jy sit wat ander mense kan seermaak uit te wys.
  • Integriteit beteken dat wat jy sê en wat jy doen ooreenstem. Sosiale media maak dit maklik om maskers op te sit en ‘n sekere weergawe van jouself te projekteer. Waar kry jy dit reg om met integriteit te lewe en waar sukkel jy?

Doen en gesels

Aktiwiteit: Lelike woorde. Die leierpriesters en Sanhedrin het klomp lelike goed van en vir Jesus gesê. Ons sê ook dikwels lelike goed vir en van mekaar. Op blokkies papier skryf/teken lelike goed wat mense vandag vir mekaar sê. Skryf/teken een gedagte per papiertjie. Hoe voel jy as jy sulke woorde vir iemand sê? Hoe voel jy as dit vir jou gesê word? Op die agterkant van elke papiertjie skryf/teken nou iets moois wat mens vir iemand kan sê. Hoe voel jy as jy sulke woorde vir iemand sê? Hoe voel jy as dit vir jou gesê word? Sit die woorde/sketse by die liturgiese stasie neer.

Aktiwiteit: Teken hoe jy voel. Teken hoe jy voel as iemand vir jou lelike goed sê? Watter lelike goed het mense al vir jou gesê? Teken nou ook hoe jy voel as iemand vir jou iets mooi sê. Watter mooi goed het mense al vir jou gesê?

Aktiwiteit: Woordsoek. Soek die woorde in die blok. Kan jy die woorde gebruik om die storie te vertel? (In die Aktiwiteits pdf wat aan die bo-kant van die bladsy afgelaai kan word)

 
 

Stasie 4: Jesus word verloën (Matteus 26:69-75)

Liturgiese spasie: 

Teken/print ‘n prent van ‘n haan en sit dit in die liturgiese spasie. Aanvullend kan vere ook neergesit word of op die prent geplak word.

Ervaar deur jou sintuie

Hoor die haan. Voel trane wat loop.

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie

Lees die teks

Petrus het buite gesit, in die binnehof. ‘n Sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër.” Hy het dit egter voor almal ontken: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.” En ‘n ander diensmeisie het hom na die poort sien loop, en sê toe vir die mense daar: “Hierdie man was saam met Jesus die Nasarener.” Weer het hy dit ontken, met ‘n eed: “Ek ken die man nie.” Ná ‘n rukkie het die omstanders nader gekom en vir Petrus gesê: “Jy is beslis ook een van hulle; trouens, jou uitspraak verklap jou.” Daarop begin hy vloek, en sweer: “Ek ken die man nie!” En onmiddellik het ‘n haan gekraai. Toe het Petrus die woorde onthou wat Jesus gesê het: “Voordat ‘n haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” En hy het na buite gegaan en bitterlik begin huil.

Gesels oor die teks

  • Wat van die storie staan vir jou uit? 
  • Waar sien jy jouself in die storie?
  • Hoe dink jy het Petrus gevoel?
  • Kan jy dink hoe dit moet voel om nie maats te hê nie? Kan jy dink hoe dit moet voel om agv die populêre opinie uitgeskuif te word? Het jy dalk al so gevoel? Of het jy dalk al iemand uitgeskuif? Of was jy dalk die een wat groepsdruk toegepas het en iemand anders uitgeskuif het? Waar was God in daardie situasie dink jy? 

Delf dieper: 

  • Sosiale druk maak soms dat mens jouself, jou waardes of dit waarin jy glo verloën. Gesels oor ‘n keer wat jy saam met die groep gegaan het en jou waardes op ys geplaas het vir die oomblik. In die werksplek en die “dog-eat-dog” wêreld waarin ons leef, raak dit toenemend moeilik om by ons waardes te hou, om “christelik” op te tree, want die wat reg doen kom tweede.  Om bo uit te kom moet jy met ‘n “ander” stel waardes werk. Of moet ons? Hoe kan ons anders leef? Hoe kan jy by die werk/skool/huis/samelewing bly by wat jy glo en dit uitleef in woord en daad? Hoe kan jy die liefdesgebod radikaal uitleef, sodat mense in jou lewe die gekruisigde en opgestane Christus kan erken?

Doen en gesels

“Colour-by-number”: Kleur die haan in volgens die nommers. 

Maak ‘n haan: Hieronder is ‘n paar voorbeelde wat met goed in die huis gemaak kan word. Gesels oor ‘n keer toe jy uitgevang is dat jy jok. Dikwels jok ons om onsself uit die moeilikheid uit te hou. Dink jouself bietjie in Petrus se skoene in. Hulle is op pad om sy leermeester te kruisig en as hulle dink hy is een van Jesus se volgelinge is hy waarskynlik volgende op hulle lysie. Petrus beskerm hier sy lewe, maar in die proses verraai hy vir Jesus en alles wat hy bely hy glo. Kan jy jouself in hierdie situasie indink?

 
 

Stasie 5: Jesus voor Pilatus (Matteus 27:1-2, 11-26)

Liturgiese spasie: 

Jy sou enige van die volgende items in die liturgiese ruimte kon sit: ‘n Waskom, handdoek, seep, hand sanitizer.

Ervaar deur jou sintuie

Ruik seep. Voel die water. Hoor die opgesweepte skare.

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie 

Lees die teks

Teen dagbreek het al die leierpriesters en die familiehoofde van die volk teen Jesus ‘n besluit geneem om Hom dood te maak. Hulle het Hom toe geboei, weggelei en aan Pilatus, die prokurator, uitgelewer. Jesus het voor die prokurator verskyn, en die prokurator het Hom ondervra: “Is u die koning van die Jode?  ” Jesus sê toe: “U sê dit.” Die hele tyd wat Hy deur die leierpriesters en familiehoofde beskuldig is, het Hy niks geantwoord nie. Daarop sê Pilatus vir Hom: “Hoor u nie wat hulle alles teen u getuig nie?” Hy het hom egter op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die prokurator uitermate verwonderd was. By elke fees het die prokurator die gebruik gehad om vir die skare een gevangene van hulle eie keuse vry te laat. Hulle het in daardie stadium ‘n berugte gevangene aangehou met die naam Jesus Barabbas. Toe die skare byeen was, het Pilatus vir hulle gevra: “Wie wil julle hê moet ek vir julle vrylaat, Jesus  Barabbas of Jesus wat as Christus bekend staan?” Want hy het geweet dat hulle Hom uit naywer oorgelewer het. Terwyl hy op die regterstoel sit, het sy vrou ‘n boodskap na hom gestuur: “Jy moet niks te doen hê met daardie regverdige man nie, want ek het vannag in ‘n droom baie oor hom verduur.” Die leierpriesters en die familiehoofde het die skare egter oorreed dat hulle op Barabbas moes aandring, en dat hulle Jesus moes laat doodmaak. Die prokurator het hulle weer gevra: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” Hulle het geroep: “Barabbas!” Pilatus vra hulle toe: “Wat moet ek dan maak met Jesus wat as Christus bekend staan?” Hulle roep toe almal uit: “Laat Hy gekruisig word!” Hy het gevra: “Maar watter kwaad het hy dan gedoen?” Hulle het egter nog harder geskreeu: “Laat Hy gekruisig word!” Toe Pilatus sien dat hy niks bereik nie, maar dat daar eerder ‘n oproer kom, het hy water geneem en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Julle moet maar self omsien. ” Die hele volk het geantwoord: “Laat sy bloed op ons en ons kinders kom!”  Daarop het hy Barabbas vir hulle vrygelaat, maar Jesus het hy laat gesel, en toe oorgelewer om gekruisig te word.

Gesels oor die teks

  • Waar het God met jou in die teks gepraat?
  • As jy jouself in die verskillende mense se skoene moet sit, hoe voel dit? Pilatus, Pilatus se vrou, skare, Jesus.
  • Ons leef in ‘n tyd waar hande was nuwe betekenis gekry het. Pilatus was sy hande om te sê hy het geen skuld aan Jesus se dood nie, ons was ons hande juis om mense veilig te hou. Hoe hoor jy die verhaal vanjaar anders as verlede jaar?

Delf dieper: 

  • Desmond Tutu het gesê: “If you are neutral in situations of injustice, you have chosen the side of the oppressor. If an elephant has its foot on the tail of a mouse and you say that you are neutral, the mouse will not appreciate your neutrality.” Pilatus probeer hom verontskuld aan Jesus se bloed, maar dit drup steeds van sy hande af. Wanneer ons staan en kyk hoe iets verkeerds teenoor iemand gedoen word en ons doen niks om te help nie, is ons net so skuldig soos die persoon wat die verkeerde daad doen. Gesels/dink hieroor. Kan jy aan voorbeelde dink in jou eie lewe?

Doen en gesels

Was hande. Lees hierdie teks saam of vertel die storie terwyl julle saam om ‘n bak water sit en julle hande was. Gesels dan so al handewassend oor die teksgedeelte. Wat doen dit aan jou om die storie so te hoor terwyl jy jou hande was? Daar waar die skare uitroep: “Barabbas” en “Laat Hy gekruisig word”, roep dit almal uit. Mense word 

Verbind die nommers: Verbind die nommers in die prentjie (gevind in die aktiwiteits pdf bo aan die blad) en kleur dit dan in.

 
 

Stasie 6: Jesus word gemartel (Matteus 27:27-31)

Hierdie kan ontstellend wees vir kinders, so as julle hierdie stasie wel doen, lees/vertel die verhaal, maar moet eerder nie prente en YouTube snitte wys nie.

Liturgiese spasie:

Sit ‘n doringkroon in die liturgiese spasie neer. Julle sou een uit doringtakke, doringdraad of papier kon maak. Die patroon vir die papier een is hier onder.

Ervaar deur jou sintuie

Voel die doringkroon, hoor die sweepslae, voel die spoeg, proe die bloed.

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie

Lees die teks

Toe het die soldate van die prokurator vir Jesus na die pretorium saamgeneem, en die hele kohort soldate n by Hom byeengebring. Hulle het sy klere uitgetrek en ‘n helderrooi mantel om Hom gehang. Nadat hulle ‘n kroon van doringtakkies gevleg het, het hulle dit op sy kop gesit, en ‘n riet in sy regterhand. Hulle het voor Hom gekniel en met Hom die

spot gedryf: “Gegroet, koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die riet geneem, en Hom herhaaldelik op sy kop geslaan. Nadat hulle met Hom gespot het, het hulle die mantel afgehaal, sy boklere vir Hom aangetrek en Hom weggelei om Hom te kruisig.

Gesels oor die teks

  • Wat van die storie staan vir jou uit? 
  • Om gespot te word is glad nie lekker nie, om ‘n bespotting van gemaak te word is traumaties. Dit is iets wat lewenslank by mens kan spook. Wanneer jou identiteit, jou menswees ‘n bespotting van gemaak word is dit onmenslik. Jy word op ‘n manier tot minder mens gemaak. Tog doen ons dit met tye aan mekaar. Humor is ‘n fyn manier waarmee ons met mense die spot dryf en skuil dan agter “maar dit is net ‘n grappie”. Dink aan ‘n geleentheid waar jy aan een van die kante van spot gestaan het. Hoe het dit gevoel? Hoe dink jy sou dit gevoel het om aan die ander kant te staan? Op watter ander maniere breek ons mense af?

Delf dieper: 

  • Lied 389 se woorde gaan as volg: “Is dit, is dit my Koning – kyk daar aanskou die mens! Is dit, is dit sy kroning – wie het dit so gewens? Is dit sy koningshulde – die riet, die kleed, die kroon? Boet Hy so vir my skulde, word so Gods Seun vertoon!” Watter tipe koninskap wys Christus vir ons? Aan watter kant van spot staan Christus?
  • Vir ‘n wêreld wat ly is dit goeie nuus dat die Jesus Christus ook gely het.  Jesus weet wat dit is om te ly. Daarom kan ons weet dat waar ons ookal ly, ons nie alleen ly nie.  Christus ly saam met ons. Ons kan met ons lyding na God toe gaan, want God verstaan pyn en seer en swaarkry. As ons bely dat Christus by diegene is wat ly, waar is ons plek, as Christene, as Christus se liggaam, as Christus se hande en voete op aarde? Moet ons dan nie juis by die wees wat ly en swaarkry nie? Met die uitbreek van die Covid-19 virus het daar ingrypende veranderinge gekom, onder andere dat ons amptelik in “lock-down” is. Hoe sorg ons tans vir mekaar? Op watter maniere kan jy nou mense wat swaarkry ondersteun? Om ons afstand te hou is verseker ‘n manier van sorg. Hoe kan ons omgee terwyl ons veilige afstande handhaaf?

Doen en gesels

Benodighede: Bruin papier; Skêr; Krammasjien

 
 

Stasie 7: Jesus dra sy kruis (Johannes 19:17)

Liturgiese spasie: 

Maak ‘n kruis (dit is een van die aktiwiteite) en sit die kruis in die liturgiese spasie neer

Ervaar deur jou sintuie

Voel die growwe hout kruis.

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie 

Lees die teks

Jesus het self die kruis gedra en het uitgegaan na die sogenaamde ‘Kopbeenplek’, in Hebreeus Golgota genoem.

Gesels oor die teks

  • Het jy al ooit iets moeiliks moes doen wat jy gedink het jy gaan nooit regkry nie? 
  • Wat het jy gedoen om dit reg te kry?

Delf dieper: 

  • Hierdie kort teksgedeelte is interessant aangesien Johannes die enigste evangelie is wat dit so spesifiek sê. Al drie die sinoptiese evangelies (Matt, Mark, Luk) spring dadelik na Simon van Sirene wat Jesus gehelp het om die kruis te dra. Johannes praat glad nie van Simon nie. Wat maak dit in jou los om te dink dat Jesus na ‘n geselling en marteling nog self sy kruis teen ‘n heuwel moes uitdra? Kan jy dit in jou geestesoog sien en jouself indink in die verhaal? 
  • Daar is tye in die lewe wat mens nie dink jy kan verder nie, waar alles net te veel raak, maar jy weet jy moet aangaan. Kan jy aan ‘n keer dink wat jy so gevoel het? Met ons teksvers in gedagte, waar sien jy vir God in daardie tyd?

Doen en gesels

  • Roomysstokkie kruis: Neem twee roomys stokkies en teken/skryf iets wat vir jou moeilik is om te doen, maar wat jy weet jy moet doen daarop neer. Gebruik dan ‘n rekkie om dit in die vorm van ‘n kruis aanmekaar te bind. Hou die kruis tussen jou hande en vra vir God om jou te help met dit wat vir jou moeilik is.
  • Volg die nommers om die prent te voltooi en in te kleur.
  • Maak ‘n kruis: Hier is ‘n paar idees van kruise wat jy kan maak

https://www.momontimeout.com/stained-glass-cross-easter-craft/

https://christianmontessorinetwork.com/15-hands-on-cross-activities-for-kids/

Die laaste “stain glass” prent het ek op fb gesien. Hier is die omskrywing: “We mixed kids crayola washable paint with a bit of water and a drop of dawn soap. We did test a corner it wiped of easily with a wet cloth.” 

 
 

Stasie 8: Jesus word gehelp (Matteus 27:32)

Liturgiese spasie: 

Teken julle hande af, knip dit uit (dit is ook ‘n aktiwiteit) en sit dit in die litugiese ruimte neer

Ervaar deur jou sintuie

Voel hoe dit voel om die kruis saam met iemand te dra. Ruik die stof van die straat. Hoor die mense langs die pad. Proe die sweet.

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie 

Lees die teks

Op pad na buite het hulle ‘n man van Sirene met die naam Simon teengekom. Hulle het hierdie man gedwing om Jesus se kruis te dra.

Gesels oor die teks

  • Wat van die storie staan vir jou uit? 
  • Is jy al ooit gedwing om iets te doen? Hoe het jy daaroor gevoel?
  • Hoe dink julle het Simon gevoel toe hy gedwing word om Jesus se kruis te dra?
  • Wat dink jy het deur Simon se gedagtes gegaan terwyl hy Jesus se kruis gedra het?
  • Ons almal het met tye hulp in die lewe nodig:

Wanneer is dit vir jou makliker en wanneer moeiliker om hulp te aanvaar?

Wanneer is dit vir jou maklik en wanneer moeilik om iemand anders te help?

Hoe verander die huidige situasie hoe jy oor hulp dink?

Delf dieper: 

  • Hoe verander die idee dat Jesus hulp nodig gehad het, hoe jy oor Jesus en per implikasie God dink? Of verander dit dalk hoe jy daaroor voel om hulp te ontvang?
  • By die vorige stasie het ons stilgestaan by die gedagte dat ons almal het ‘n kruis wat ons dra. Wanneer ons weet ons is nie alleen nie, dat daar mense is wat ons help om ons kruis te dra, raak die kruis dadelik ligter en makliker om te dra. Hoe meer hande dra, hoe ligter word die kruis. Daarom bely ons ook ons glo in die “gemeenskap van die heiliges”. Ons word gegee aan mekaar. Ons het mekaar nodig. Waar kan jy iemand se kruis help dra?

Doen en gesels

Trek die buitelyn van jou hande af op papier: Skryf daarin hoe jy ander mense kan help in hierdie tyd.

Doolhof: Help Simon om die kruis tot by Golgota te dra. Vind die doolhof in die gepaardgaande pdf

 
 

Stasie 9: Jesus ontmoet die vroue (Luk 23:27-31)

Liturgiese spasie: 

Sit ‘n kers by die stasie by. Jy kan ook prente of foto’s van vroue en/of lekkerruik olie bysit. Jy kan ook ‘n sneesdoekie neersit.

Ervaar deur jou sintuie

Roep in herinnering die reuk van ‘n vrou wat vir jou spesiaal is – ma, ouma, dogter, vriendin, onderwyser. Voel die gedrang van die mense. Hoor die weeklaag van die vroue.

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie 

Lees die teks

‘n Groot menigte van die volk het Hom gevolg, en ook vroue wat aanhoudend op hulle bors slaan en oor Hom weeklaag. Jesus het na hulle gedraai en gesê: “Dogters van Jerusalem, moenie oor My huil nie. Huil liewer oor julleself en oor julle kinders, want kyk, daar kom dae wanneer mense sal sê, ‘Gelukkig is diegene wat onvrugbaar is, en die moederskoot wat nie ‘n kind in die wêreld gebring het nie, en die borste wat nie kinders gevoed het nie.’ 

“Dan sal hulle aan die berge begin sê, ‘Val op ons!’ en aan die heuwels, ‘Bedek ons!’ 

“Want as hulle dit aan die groen hout doen, wat sal nie met die droë hout gebeur nie?”

Gesels oor die teks

  • Waar praat God met jou in die teks?
  • Watter slegte goed gebeur daar met kinders? Waarvoor kan ons bid vir ouers en kinders?
  • Is daar kinders waarvan jy weet met wie daar slegte goed gebeur of met wie dit sleg gaan?
  • Watter vrou in die Bybel beteken vir jou die meeste?

Delf dieper: 

  • Wat sê hierdie boodskap van Jesus vir Suid-Afrika met die hoë voorkoms van geweld teen vroue en kinders? Jesus is reeds gegesel en gemartel en is oppad om gekruisig te word en waarskynlik sy laaste bietjie energie gebruik hy om empatie te betoon met die vroue en kinders. Wat sê dit vir ons oor Jesus se posisionering ten opsigte van vroue en kinders? Waar los dit ons as navolgelinge van Jesus?
  • Lees die onderstaande gedig en laat dit ‘n oomblik by jou bly.
(in empathy) for every mother who has lost a child...

Shadow shape’s
mourning shroud

Inconsolable tears
Storm’s cloud

Falling rain’s
broken womb

Empty vessel’s
mortal wound

(J.F. Gomez)

As jy self ‘n kind verloor het, gebruik hierdie tyd om sommer net te wees voor God.  

Daar is geen groter verlies as die dood van ‘n kind nie, dit is nie iets waaroor jy kom nie, die seer gaan nie weg nie. Op ‘n manier leer jy net daarmee saam leef. Gebruik hierdie stasie om ouers wat jy ken wat ‘n kind verloor het, opnuut aan God op te dra. Dink ook aan die talle ander ouers wat kinders aan die dood afgestaan het of dalk op hierdie stadium langs ‘n sterfbed sit.

Dalk oor ons magteloosheid by die dood is mense geneig om vinnige plastiese, dikwels onwaar, “troos” frases en antwoorde onnadenkend vir mense te sê, wat op die ou einde meer seer maak as genees (Bv God pluk sy mooiste blommetjies eerste). Antwoorde troos nie, goedkoop plastiese frases nog minder. Jou nabyheid, jou saamhuil, jou maak van ‘n koppie tee, die oorneem van huistake, aandag aan die ander kinders en jou onderskeidingsvermoë oor wanneer om daar te wees, wanneer om stil te wees en wanneer om die persoon alleen te los, is van groter waarde. Hoe troos ons in ‘n tyd waar ons nie fisies bymekaar kan wees nie?

Doen en gesels

  • Dink oor maniere wat jy geweld teen vroue en kinders kan beveg. Dit kan so klein wees soos om jou eie waarde te besef of op te staan wanneer seksistiese grappe vertel word. 
  • Op watter maniere kan jy kinders, met wie daar slegte goed gebeur, help?
  • Een baie slegte ding wat met kinders gebeur is molestering. Daar is ‘n oulike inkleurboek op die internet beskikbaar wat ons help met wat is goeie en slegte maniere wat ons aan mekaar vat. Die klein prentjies wat volg vertel die storie. Om die groot prente af te laai besoek  https://www.behance.net/gallery/899330/FSGC-Good-Touch-Bad-Touch-Coloring-and-Activity-Book 
  • Die kleiner prentjies is in die meegaande PDF.

Skryf/teken gebede op stroke lap, papier, lint en weef dit in ‘n gebedstapesterie of gebedsweb.

 
 

Stasie 10: Jesus word gekruisig (Matteus 27:33-37(44))

Liturgiese spasie: 

Sit spykers in die liturgiese spasie neer en/of ‘n papier waarop staan: “Hy is Jesus, die koning van die Jode”

Ervaar deur jou sintuie

Hoor die hamerslae, ruik die bloed, voel die pyn, proe die suur wyn

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie 

Lees die teks

Toe hulle by ‘n plek kom met die naam Golgota, wat ‘Kopbeenplek’ beteken, het hulle vir Hom wyn, gemeng met ‘n giftige kruid, gegee om te drink. En toe Hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie. Nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy boklere verdeel deur daaroor te loot. Daarna het hulle daar gaan sit en Hom bewaak. Bo sy kop het hulle die aanklag teen Hom aangebring, wat lui: “Hy is Jesus, die koning van die Jode. ”Toe is twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regterhand en een aan sy linkerhand. Die verbygangers het Hom gelaster, terwyl hulle hulle koppe skud u en sê: “Jy wat die tempel afbreek en in drie dae opbou  — as jy die Seun van God is, red jouself, en kom af van die kruis!” Net so het ook die leierpriesters saam met die skrifkenners en familiehoofde die spot gedryf en gesê: “Ander het hy gered, homself kan hy nie red nie. Hy is die koning van Israel, laat hy nou afkom van die kruis, en ons sal in hom glo. Hy het op God vertrou, laat Hy hom nou red as Hy wil. Hy het immers gesê: Ek is die Seun van God.” Op dieselfde manier het ook die rowers wat saam met Hom gekruisig is, Hom beledig.

Gesels oor die teks

  • Waar praat God met jou in die teksgedeelte?
  • Wat beteken Jesus se kruisiging vandag vir jou?

Delf dieper: 

  • “The weak force of God is embodied in the broken body on the cross, which has thereby been broken loose from being and broken out upon the plane of the powerlessness of God. The power, of God is not pagan violence, brute power, or vulgar magic; it is the power of powerlessness, the power of the call, the power of the protest that rises up from innocent suffering, and finally, the power to suffer-with (sym-pathos) innocent suffering, which is perhaps the central Christian symbol” (Caputo 2006, 43)
  • “God is with Jesus on the cross, and in standing with Jesus rather than with the imperial power of Rome, God stands with and innocent persecuted for calling the powers that be to task.  The name of God is the name of a divine “no” to persecution, violence, and victimization” (Caputo 2006, 45)
  • Wanneer ons bely dat die kruis eerstens ‘n protes is teen alle vorme van swaarky, onderdrukking, ongeregtigheid en onreg, en tweedens dat die kruis die teken is dat God  nie Godself by die magtiges van die wêreld skaar nie, maar juis by die magteloses; wat is ons roeping as volgelinge van die gekruisigde Here dan? Hoe kan jy hierdie roeping in jou konteks uitleef?

Doen en gesels

Kap spykers in hout, as dit ‘n houtkruis kan wees soveel te beter. Luister na die slae. Doen dit dalk as deel van die lees van die verhaal. Gesels oor wat die geluid by jou losmaak.

Teken ‘n kruis en knip dit uit. Skryf/teken in die kruis die seer van die wêreld, wat God op jou hart druk, neer. Soos jy dit op die kruis skryf/teken dink daaraan dat Jesus ook op die kruis al die pyn van die wêreld geneem het. Lees 1 Petrus 2:21-24:

Julle is immers hiertoe geroep, want Christus het ook ter wille van julle gely; Hy het vir julle ‘n voorbeeld nagelaat, sodat julle in sy voetspore kan volg. Hy wat “nie sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie”; wat, toe Hy uitgeskel is, nie teruggeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar Homself toevertrou het aan Hom wat regverdig oordeel; wat self ons sondes in sy liggaam aan die kruishout gedra het; sodat ons, noudat ons ons sondes afgesterf het, vir geregtigheid kan leef  — Hy deur wie se verwonding julle genees is

Bid hieroor

Volg die paadjie en ontrafel die kode: Kyk in die aktiwiteits PDF.

1. Caputo, John D. 2006. The Weakness of God. Bloomington: Indiana University Press. 
 
 

Stasie 11: Jesus en die misdadiger (Luk 23:32-34,39-43)

Liturgiese spasie: 

Maak twee ekstra kleiner kruisies en sit hulle links en regs van die ander kruis neer. Sit ook ‘n bakkie water in die ruimte neer.

Ervaar deur jou sintuie

Beleef God se vergifnis in jou lyf

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie 

Lees die teks

Saam met Jesus is ook twee ander misdadigers weggelei om tereggestel te word. Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar gekruisig — so ook die misdadigers, een aan sy regterhand en een aan sy linkerhand. Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom aanhoudend gelaster en gesê: “Jy is mos die Christus, of hoe? Red jouself, en ons!” Die ander een het hom egter bestraf en gesê: “Het jy nie ontsag vir God nie? Jy ondergaan per slot van sake dieselfde straf! In ons geval is dit regverdig — ons word tereg gestraf vir wat ons gedoen het. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” Hy sê toe: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.” Jesus het hom geantwoord: “Amen, Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees (Luk 23:32-34,39-43).” 

Gesels oor die teks

  • Wat van die storie staan vir jou uit? 
  • Jesus het al ons sonde aan die kruis vergewe
  • Delf dieper: ‘n Misdadiger aan ‘n kruis met onseker motiewe vra vir Jesus om aan hom te dink en sonder om twee maal te dink antwoord Jesus: Vandag sal jy saam met my in die Paradys wees. Wat wys dit vir ons van hoe Jesus vergewe?

Doen en gesels

  • Maak/teken twee kleiner kruisies. Sien stasie 7 vir riglyne.
  • Skryf in water: In ‘n bak water (as jy bietjie rooi kleursel of verf kan bygooi sal dit die effek versterk), skryf die dinge neer wat jy vir God oor vergifnis wil vra en sien hoe dit wegraak in die water. Jesus se bloed het gevloei sodat ons kan glo ons sonde is vergewe. Is daar iets in jou lewe wat jy dalk dink God nie kan vergewe nie? Gee dit vir God en weet dat dit reeds aan die kruis vergewe is. 

Woordsoek: Soek die boldgedrukte woorde in die skriflesing in die woordsoekblok in die aktiwiteits PDF.

 
 

Stasie 13: Jesus sterf (Matteus 27:45-56)

Liturgiese spasie: 

‘n Geskeurde stuk lap

Ervaar deur jou sintuie

Sien die donkerte, hoor Jesus se uitroep, voel en hoor die skeur van die materiaal, proe die suur wyn, ruik die grond wat oopbreek.

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie 

Lees die teks

Vanaf die sesde tot die negende uur w het daar duisternis oor die hele aarde toegesak Teen ongeveer die negende uur het Jesus met ‘n harde stem uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtáni?”  Dit beteken ‘My God, my God, waarom het U My verlaat?’ Toe sommige van dié wat daar staan, dit hoor, het hulle gesê: “Hy roep na Elia.” Dadelik het een van hulle nader gehardloop, ‘n spons geneem, dit in suur wyn geweek, op ‘n riet gesit, en vir Hom gegee om te drink. Maar die ander het gesê: “Wag, laat ons sien of Elia hom kom red.” Toe het Jesus weer met ‘n harde stem uitgeroep en sy asem uitgeblaas. En kyk, die tempelgordyn in die heiligdom  is van bo tot onder in twee geskeur, die aarde is geskud en die rotse is oopgebreek. Die grafte is geopen en baie liggame van ontslape heiliges is opgewek. Hulle het ná sy opstanding uit die grafte gekom, in die Heilige Stad ingegaan en aan baie verskyn. Toe die hekatontarg en dié wat Jesus saam met hom bewaak het, die skudding en die dinge wat gebeur, sien, was hulle vreesbevange en het gesê: “Hy was werklik Seun van God.” Daar was baie vroue teenwoordig wat van ver af toegekyk het. Dit was vroue wat Jesus van Galilea af gevolg en Hom gedien het. Onder hulle was Maria Magdalena, Maria, die ma van

Jakobus en Josef, en die ma van die seuns van Sebedeus. 

Gesels oor die teks

  • Wat van die storie staan vir jou uit? 
  • Tussen die vier evangelies vind mens sewe verskillende “kruiswoorde” – frases wat Jesus aan die kruis gesê het. Watter van die sewe kruiswoorde staan vir jou op hierdie oomblik uit? Hoekom?
  • “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” (Luk)
  • Jesus het hom (misdadiger) geantwoord: “Amen, Ek sê vir jou, vandag  sal jy saam met My in die paradys wees.” (Luk)
  • “Vrou, kyk, daar is u seun!”; “Kyk, daar is jou moeder!” (Joh)
  • ‘My God, my God, waarom het U My verlaat?’ (Matt & Mark)
  • “Ek is dors.” (Joh)
  • “Dit is volbring!” (Joh)
  • “Vader, in u hande gee Ek my gees oor!” (Luk)

Delf dieper: 

  • Die hekatontarg (‘n Romeinse offisier wat 100 man onder hom gehad het) bely aan die voet van die kruis die mees basiese Christelike geloofsbelydenis: “Hy was waarlik Seun van God”. 

Doen en gesels

Vinger labarint: Print of teken een van die labarint patrone in die aktiwiteitsboekie. Jy sou dit natuurlik ook kon borduur of uit klei, hout, gom of pofferige verf maak. Kies vir jou een van die kruiswoorde en herhaal dit vir jouself terwyl jy biddend met jou vinger die labarint “stap”.

Skryf jou naam in die kruis in die aktiwiteits PDF.

Memoriseer Joh 3:16-17. “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy uniek verwekte Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie,  maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word.”Kleur ‘n kruis in: In die aktiwiteits pdf is daar ‘n paar kruise wat jy meditatief kan inkleur.

 
 

Stasie 14: Jesus word begrawe (Matteus 27:57-61(62-66))

Liturgiese spasie: 

Sit ‘n klip (‘n regte een of een wat jy uit papier mache gemaak het) en/of wit stroke lap in die ruimte neer.

Ervaar deur jou sintuie

Voel die koue klip. Ruik die kruie wat hulle vir die balsem gebruik. Hoor die klip rol.

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie 

Lees die teks

Toe dit laat geword het, het ‘n ryk man van Arimatea, met die naam Josef, daar aangekom. Ook hy was ‘n dissipel van Jesus. Dié man het Pilatus genader en die liggaam van Jesus gevra. Toe het Pilatus beveel dat dit gegee word. Josef het die liggaam geneem, dit toegedraai in ‘n skoon linnedoek, en neergelê in die nuwe graf wat hy vir homself in die rots laat uitkap het. Hy het toe ‘n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan. Maria Magdalena was daar, ook die ander Maria, en hulle het teenoor die graf bly sit. Die volgende dag — dit is die dag ná Voorbereidingsdag — het die leierpriesters en die Fariseërs by Pilatus byeengekom en gesê: “Meneer, ons het onthou dat toe hy nog geleef het, daardie bedrieër gesê het, ‘Ná drie dae sal Ek weer opgewek word.’ Beveel dan dat die graf tot op die derde dag beveilig word, sodat sy dissipels hom nie gaan steel en vir die volk sê, ‘Hy is opgewek uit die dood!’ nie. Die laaste dwaling sal erger wees as die eerste. ” Pilatus het vir hulle gesê: “Julle kry ‘n wag van soldate. Gaan beveilig die graf soos julle goeddink.” Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wagte daar te plaas.

Gesels oor die teks

  • Wat van die storie staan vir jou uit? 
  • Meeste van ons het al iemand aan die dood afgestaan. Wie is daar wat jy mis? Dink aan ‘n mooi storie van die persoon. 

Delf dieper: 

  • Ons almal treur verskillend. Waar is jy op jou reis? Gesels met God daaroor
  • Hoe beïnvloed dit hoe jy oor die dood dink om te weet dat Jesus, God se seun, ook gesterf het en begrawe is?
  • Die Matteusverhaal vertel van fopnuus (Lees ook Matteus 27:11-15 vir die res van die “komplot”) – iets waarmee ons baie bekend is. Gesels oor die skade wat fopnuus aanrig en mense se motivering daarvoor.

Doen en gesels

Verbind die nommers en kleur in: In aktiwiteits pdfBou ‘n grot graf: Jy kan dit buitekant doen met sand en klip, jy kan dit met klei doen, jy kan dit met stoele en lakens doen of jy kan dit met papier maché doen. Gesels oor hoe anders grafte toe was van grafte nou. Gebruik die graf om dalk te gesels oor mense naby aan julle wat dood is en wat dit beteken dat Jesus dood was en weer opgestaan het. Jy sou een uit papier uit ook kon maak. As die graf groot genoeg is sou jy in die “graf” kon sit en die storie lees.

 
 

Stasie 15: Jesus het opgestaan (Matteus 28:1-10)

Liturgiese spasie: 

Verwyder alles uit die liturgiese spasie. Gooi ‘n wit lap/laken/handdoek. Die kleure vir Paasfees is wit, goud en helderkleurig. Sit kerse/kersfeesliggies neer. Maak dit mooi met helderkleurige blomme (dit kan ook uit papier geknip word). As julle paaseiers het kan dit ook daar gesit word as ‘n teken van nuwe lewe.

Ervaar deur jou sintuie

Voel die koue klip. Ruik die kruie wat hulle vir die balsem gebruik. Hoor die klip rol.

Gepaste musiek

Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie 

Lees die teks

Ná die Sabbat, teen dagbreek op die eerste dag van die week, het Maria Magdalena en die ander Maria gegaan om na die graf te kyk. Skielik was daar ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal, nadergegaan, die steen weggerol en daarop gaan sit. Sy voorkoms was soos weerlig en sy klere wit soos sneeu. Uit vrees vir hom het dié wat die graf bewaak, gebewe en soos dooies geword. Toe antwoord die engel die vroue en sê: “Moenie langer bang wees nie, want ek weet julle soek Jesus, die gekruisigde. Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek, soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar Hy gelê het; en haas julle en gaan sê vir sy dissipels, ‘Hy is opgewek uit die dood! Kyk, Hy gaan voor julle uit na Galilea; daar sal julle Hom sien. Dit het ek vir julle gesê.’ ” Met vrees en groot blydskap het hulle haastig van die graf af weggegaan en gehardloop om die boodskap aan sy dissipels oor te dra. Onverwags het Jesus hulle tegemoet gekom en gesê: “Gegroet!” Hulle gaan toe nader, gryp sy voete en aanbid Hom. Daarop sê Jesus vir hulle: “Moenie langer bang wees nie. Gaan sê vir my broers dat hulle na Galilea moet gaan; daar sal hulle My sien. ”

Gesels oor die teks

  • Waar praat God met jou in die teksgedeelte?
  • Waar / as wie sien jy jouself in die verhaal? Dink bietjie oor die verskillende mense se reaksies. Wat sou jou reaksie gewees het?
  • Watter gevoel skep die nuus dat Jesus opgestaan het by jou?

Doen en gesels

Die idee vir Paassondag het ek hier gekry – besoek dit gerus vir meer idees:

  • Beleef die opstanding met al jou sintuie (gerig op kinders)
  • Ruik (dink aan reuke soos Nardusolie, olyfbome, palmbome, lavenderbosse): Ruik aan die verskillende olies en plante. Dit is hoe dit waarskynlik geruik het in Jesus se graf en in die tuin waar Jesus begrawe is.
  • Proe: (Eier/paaseier) Uit ‘n eier word ‘n kuikentjie gebore. ‘n Paaseier laat ons dus aan nuwe lewe dink. Jesus lewe! En in Jesus lewe ons ook
  • Sien: Gebruik die poppe (in die aktiwiteits pdf) om die opstandingsstorie te vertel
  • Voel: Vat ‘n klip en plak/teken ‘n prentjie daarop wat jou aan die opstanding herinner
  • Hoor: Luister na paasmusiek. Hoe laat dit jou voel? (Liedboek 402-424 of verskeie klassieke en kontemporêre musiek wat op CD of YouTube beskikbaar is)
  • Jou storie in die lig van God se storie (gerig op 16+ jariges)
  • Christus bind ons saam as geloofsgemeenskap: Elkeen van die mense aan wie Jesus na sy opstanding verskyn het het ‘n eie ervaring van Jesus gehad. Elke storie is uniek, maar terselfe tyd verweef met die stories van die mense om ons. As jy dink aan jou ontmoeting met die opgestane Jesus? Hoe pas jou storie in by die stories om jou? Gebruik simbole om jou storie te vertel deur ‘n vreugde, vrees, gawe en uitdrukking van liefde op die groot bladsy te teken. Laat jou liefdesuitdrukking storie, soos jy teken verweef met die van ander.
  • Reflekteer op jou geloofsstorie: Teken/Skryf jou storie op die klein bladsye. Dink aan dinge soos wanneer het jy vir die eerste keer bewus geword van Jesus? Hoe het jy bewus geword van Jesus? Watter oomblikke in jou geloofsreis staan vir jou uit? Waar staan jy op die oomblik in jou verhouding met Jesus? Neem hierdie gerus saam as boekmerk.
  • Gaan leef: Die dissipels was bang en het hulleself toegesluit in die bovertrek. Jesus het egter in hulle midde verskyn en hulle ontmoet daar waar hulle was. Watter vrese hou jou terug om voluit vir Jesus te lewe. Skryf dit aan die binnekant van die boks. Klim dan uit, neem ‘n botteltjie borrels en blaas buite borrels en kyk hoe dit wegwaai op die wind. Gee jou vrese vir God en laat dit wegwaai, dat jy kan vry wees

Kleur in die leë graf in in die aktiwiteits pdf.Aktiwiteite: Verander die graf wat julle gister gemaak het deur liggies en blomme daar in te sit. Hier is nog ‘n paar kunsflyt idees vir die kleintjies: