Tienerpinkster

Vrae om oor te dink en te gesels:

  • Hoe was God vandag in jou lewe teenwoordig?
  • Watter aksies of gewoontes in jou lewe word steeds deur jou eie liefde of vrees aangedryf?
  • Wat beteken dit vir jou dat die Heilige Gees jou lewe, persoonlik, ook van binne af aanvuur?
  • Hoe kan die Heilige Gees jou vandag aanvuur en gebruik om God se koninkryk sigbaar te maak?

Vrae om oor te dink en te gesels:

  • Watter dinge laat jou soms voel of jy vasgebind is, as of jy nie beweegruite het nie?
  • Is daar dinge wat jy doen wat dalk ander mense so laat voel?
  • Wat beteken dit vir jou dat die Heilige Gees jou aanvuur om as kind van God te lewe?
  • Wat beteken dit vir jou om ‘n kind van God genoem te word?
  • Hoe dink jy oor ander mense wat ook die titel: “Kind van God” het, maar jy voel hulle verdien dit nie?

Wat van gebed is vir jou moeilik?

  • Hoe help die Heilige Gees jou met gebed?
  • Het jy al ooit gehoor – “dit waarmee ek God vetrou, deel ek in gebed met God”… wat dink jy hieroor?

Vrae om oor te dink/gesels:

  • Wat gebruik jy om jou pad deur die lewe te navigeer?
  • Hoe is die Bybel vir jou ‘n riglyn om te leef?

Vrae vir tieners:

  • Hoe lees jy die Bybel gewoonlik?
  • Wanneer was dit al vir jou lekker om Bybel te lees?
  • Wat dink jy is die storie wat die Bybel vir ons wil vertel?

Vrae om oor te dink en te gesels:

  • Wat maak my deel van God se kerk?
  • Hoe kan ek God se liefde uitleef?

Gespreskvrae:

  • Wat beteken dit vir jou dat die Heilige Gees vir jou nuwe lewe gee?
  • Klink vrede na iets wat jy graag in jou lewe sal wil hê?
  • Hoe sal jou lewe lyk as daar vrede is?