Brackenfell Gemeente

Eerskomende Sondag

Liewe Vriende

Eerskomende Sondag

Sondag, 18 Mei, se erediens om 09:00 word gelei deur Tilana Meyer-Morkel

Die deurkollekte Sondag is ‘n sinodale offer aan Gemeentebegeleiding

Uit hul kantoor by Communitas laat weet Gemeentebegeleiding die volgende: “Gemeentebegeleiding se roeping is om gemeentes te ondersteun en te begelei met die oog op florering. Ons staan ook gemeentes met uitdagings graag by.  Ons almal weet dat die kerk haarself in uitdagende tye bevind en dat ons mekaar se hulp nodig het. Ons hoofdoel is altyd om gemeentes te help om te blom.  Daarom help ons gemeentes wat wil vernuwe baie graag.  Die lewende God is mos rééds aktief in ons gemeenskappe en gemeentes teenwoordig!  Ons help gemeentes om te onderskei wat God se wil vir gemeentes is binne hulle eie konteks.  Met verskeidenheid prosesse, instrumente en hulpmiddels help ons gemeenteleiers om diep na die Woord, hulle gemeentes en gemeenskappe te luister sodat hulle onder leiding van God se Gees kan onderskei wat God se voorkeurtoekoms vir die gemeente is.”

Eerskomende Sondag isInternasionale Vigs Herdenkingsondag, ook bekend as AIDS Candlelight Memorial Day. Die onlangse skokbeëindiging van Amerikaanse befondsing vir onder andere MIV medikasie, navorsing, dienste en die ontwrigting, trauma, werksverlies en uitdagings wat hiermee gepaardgaan is rede tot groot besorgdheid. Diaconia se Vigstaakgroep doen daarom ‘n ernstige beroep op gemeentes om asseblief saam in te tree vir die ongeveer 8 miljoen mense in ons land wat met MIV lewe en vir hulle toegang tot medikasie, sorg en menswaardige dienste. (Aangehaal uit Vrydagnuus)

Kategese is weer in volle swang en die tweede kwartaal lê al amper op sy rug.

Skakels vir inskrywings is onderaan hierdie e-pos

Hemelvaart en Pinkster

Op Donderdag, 29 Mei, vier ons Jesus se Hemelvaart met ‘n nagmaaldiens om 19:00 in die kerkgebou.

Pinksterreeks – Meer as Woorde

Pinksterdienste vind (DV) plaas in die eerste week van Junie – Maandag tot Donderdag, 19:00 in die kerkgebou.

Ons dien

Die aanlyn erediensgroep dink saam met Lou-Maré en Lianne oor die toekomstige eredienste en die dekorspan werk saam om die atmosfeer visueel te skep kontak gerus vir Lou-Maré (082 899 1505) of Lianne (0711500813) om deel te word.

Eredienswerkers doen diens voor, tydens en na die eredienste – Kontak vir Lianne (071 150 0813) of whats app vir Louise (073 450 7855)

Musiekbediening vir voorsang en speel van instrumente – Kontak Marian (084 567 3333)

Die Kategese soek ook nog hulp asb. Kontak vir Lou-Maré as jy kan help

Die Teetuin groepie sorg vir ‘n gesellige ruimte na die eredienste op Sondae.  Kontak gerus vir Salomé by 0824159402 om hier betrokke te raak.

Die kospakkie-groep pak, in samewerking met die maatskaplike werker, maandelikse kospakkies vir uitdeel aan behoeftige gesinne.

Baie dankie aan almal wat weer hierdie maand bydraes gemaak het.

Hulle kon Dinsdag kospakkies aan 9 gesinne voorsien.

Enige bydraes van blikkieskos, pasta, ens asook toiletware en skoonmaakmiddels word waardeer.

Tweede handse klere en beddegoed is ook baie nodig en word verwelkom.

Enige winkelsakkies word ook baie waardeer.

Die Bybelstudiegroep vir senior lidmate kom Woensdae bymekaar. Hierdie groepie is ‘n deel van die Silwerklub wat alle lidmate bo 60 jaar insluit. Louise Schoonbee is die kontakpersoon en kan per whats app gekontak word by 073 450 7855.

Die Karwagte  is die groepie lidmate wat erediensgangers se motors veilig hou. Hierdie groep het nog baie hulp nodig. Elke karwag doen ongeveer een maal per maand diens.

Vir meer inligting kontak Hannes Herselman by hannes.h3@gmail.com

Die kleingroep vir jong volwassenes kom Donderdae bymekaar.

Hierdie groep het ‘n paar helde (fiktief en nie-fiktief) by die Comic Con in Kaapstad raakgeloop

Skakel gerus vir Duané by 082 8800 360 vir meer inligting oor hierdie groepie.

Indien u meer inligting verlang oor enige bedieninge kan u gerus die kerkkantoor kontak.

Vakante pos in die kerkkantoor

Die advertensie vir  die vakante kassierspos in die gemeente se kerkkantoor is weer aangehak.

Nasionale Kinderbeskermingsweek – 29 Mei tot 5 Junie

Badisa nooi weer individue en instansies om om te deel in hul jaarlikse Poppie Projek wat die stories van kwesbare kinders sigbaar én hoorbaar maak.

Kontak gerus vir Badisa om ’n poppie te koop of om ‘n aksie in die gemeenskap te begin.

There can be no keener revelation of a society’s soul than the way in which it treats its children.” Nelson Mandela

Save the date

Aan die einde van September hou ons basaar.

Jy is ‘n belangrike skakel in hierdie groot jaarlikse fondsinsameling.

Dink solank waar jy jou gewig gaan ingooi.

Kyk asb uit vir die eerste Basaar vergadering en kontak nou al vir Hentie by 073 163 1565 met jou idees.

Uit die Ring van Bottelary, ander Buurgemeentes en Wyer

HeidekoppieDie Gemeente met Oop Deure vier op 25 Mei 2025 die 25jarige bestaan van die visie van ‘n Oop-Deur-gemeente wees!

Almal wat gedurende 2 000 – 2025 in die gemeente was, word uitgenooi na die Feesdiens om 08:30.

Ons ontmoet ou bekendes, loof die Here vir sy getrouheid, deel herinneringe, vier saam nagmaal en kuier saam na die diens!

Navrae: Jackie de Klerk 084 681 6798 / admin@heidekoppie.com

Suidkerk het ook ‘n vakature en die advertensie word ook aangehak.

·         Die Vrydagnuus uit die Sinodale kantoor kan deur die volgende skakel gelees word: https://mailchi.mp/kaapkerk/9mei?e=fc4e576947

Durbanville Kinderhuis wil graag hul ouer kinders help met vakansie werk. Sien hul e-pos hierby aangehak.

Labarint in die tuin

Dit is  in die stiltes wat ons God die beste hoor, maar met die wêreld se lawaai om ons is dit moeilik.

Om ‘n labarint te stap help ons om stilte en kalmte te vind te midde van al die lawaai.

Neem gerus ‘n klip by die ingang van die labarint en pak dit op enige stadium van die labarint op die tou as ‘n simbool van jou storie of jou gebed of iets wat jy sommer net by God los. So pak ons dan, met ons stories, saam aan die labarint.

(LW: Meer as een persoon kan op dieselfde tyd die labarint stap – ons stap maar net in stilte verby mekaar.)

Die  gemeente se tuin is saans oop tot ongeveer 20:00.

Die pamflet, wat die gebruik van die labarint, verduidelik is weer aangehak en daar is (meestal) ook ‘n paar afskrifte by die ingang van die labarint – neem gerus een.

Geseënde Paastyd