Brackenfell Gemeente

Projekte

Spens

Enige skenkings van enige nie-bederfbare kos en skoonmaakmiddels kan by die kerkkantoor afgegee word.

Bedelaars – Verantwoordelike Hulp

M E S- etekaartjies vir bedelaars is beskikbaar by die kerkkantoor @ R50 vir ‘n boekie met 11 etekaartjies. Gee ‘n kaartjie aan bedelaars by jou huis en by die verkeersligte. Hulle kan dit inruil vir ‘n bord kos by Brackenfell-stasie (09:00 tot 12:00) asook by nagskuilings in Bellville en Parow. Wanneer hulle daar kos kry word hulle in ‘n program opgeneem wat hulle help.

LW: Kos en klere wat aan hulle gegee word verkoop hulle vir drankgeld.

Die volgende hulp word benodig :

  • Die naaldwerkklas soek dringend lap en veral gare. Dit kan na die kerkkantoor gebring word waar hulle dit sal kom afhaal.
  • Hulp met Kuns- en handwerk word benodig: Die Masikhule vigsgroep doen Donderdagmiddae kunswerk en handwerk en enige hulp hiermee word verwelkom.

Indien u kan help kan u vir Clemont of Ina by 021 987 5967 / projects@sarfat.co.za kontak.