Projekte
Spens
Daar word weekliks kospakkies aan verskeie gesinne van Brackenfell gemeente uitgegee wat tans gebuk gaan onder moeilike finansiële omstandighede.
Enige skenkings van enige nie-bederfbare kos en skoonmaakmiddels kan by die kerkkantoor afgegee word.
Sarfat is ʼn nie-winsgewende organisasie wat die missie het om koninkryk van God uit te bou deur gemeenskapsontwikkelings projekte om sodoende die kwaliteit van die gemeenskap op te hef. Ons gemeente is ‘n vennoot van Sarfat en ondersteun hulle aktiwiteite.
Jy kan Sarfat ondersteun finansieël of deur kosskenkings. Hulle het ook ‘n tweedehandse winkel, so enige tweedehandse goedere in goeie toestand kan ook na hulle geneem word. Hulle verkoop dit en gebruik weer die geld om kospakkies vir gesinne wat met MIV leef te koop. Skenkings kan by die kerkkantoor afgelaai word of daar kan direk met Ina by Sarfat geskakel word by 021 987 5967 / projects@sarfat.co.za