Brackenfell Gemeente

Stations Of The Cross

Welkom by hierdie jaar se stasies van die kruis geloofsreis

In ‘n oogwink is ons lewens omgedop en sien ons hoe al ons netjies uitgewerkte planne uitrafel. Ons is in ‘n liminale tyd, die tyd tussen wat was en wat gaan wees, onseker oor waarheen ons op pad is. Genadiglik weet ons dat, maak nie saak waarheen ons op pad is nie, God is reeds daar. Lydenstyd is ook so ‘n tussen-in tyd. Die tyd waar ons die seer en sleg van die wêreld vierkantig in die oë kyk en onsself toelaat om ook bewus te raak van ons eie seer en sonde. Ons doen dit egter terwyl ons weet dat ons sonde is vergewe, ons seer is saam met Christus gekruisig en God se koninkryk het reeds in hierdie wêreld ingebreek. Ons dink aan die kruis, terwyl ons weet daar was ook ‘n leë graf. Die gekruisigde Christus het ook opgestaan en oorwin. Ons lewe in hierdie tussen in tyd waar ons weet ons is reeds verlos, maar ons smaak nog nie die volle impak van die verlossing nie. Liminale tyd is altyd ‘n kreatiewe tyd, ‘n tyd waarin daar nuut geskep kan word. Ons het ‘n keuse oor wie ons is in hierdie liminale tyd en wat ons doen vorm wie ons is. Geloofsgewoontes is daar om ons geloof te help vorm. Om tydens Lydenstyd te bid en vas en aktief om te gee vir mense in nood is almal geloofsgewoontes, so ook is Bybellees, meditasie en om voor ete te bid. Hierdie handleiding het ten doel om gesinne te help om die geloofsgewoonte van die stasies van die kruis gebedsreis by die huis te doen. Dit is so saamgestel dat kinders en ouers dit saam kan doen. Mag dit julle geloof versterk. Neem gerus foto’s en stuur vir ons terugvoer op die gemeente se facebook blad “NGK Brackenfell scrapbook” of whatsapp dit na 066 033 2294 met jou naam en van by as jy nog nie geregistreer het vir die whatsapp groep nie.

Daaglikse videos

Daar word daagliks ‘n video met die teks en ‘n kort oordenking hier en op facebook gelaai.

Opstel van die stasies

Daar is 15 stasies om by die huis te doen. Die stasies is so geskryf dat daar elke dag een gedoen kan word met die laaste een op Paassondag. Die gaan bietjie vooraf lees en hier en daar voorbereiding vra. Kontekste verskil daarom word telkens ‘n paar opsies gegee om vanuit te kies. Julle kan een kies of almal doen. Kies dit wat vir julle die beste werk.

Liturgiese spasie

Kies ‘n spasie in die huis (dit hoef nie groot te wees nie) wat julle as liturgiese ruimte mooimaak om die stasies by te doen. Jy sou elke dag die spasie kon verander óf dit elke dag uitbou, afhangende van die spasie tot jou beskikking. Die kleur van Lydenstyd is pers en die hoof simbole is ‘n kruis, doringkroon en spykers om Jesus se lyding voor te stel. By elke stasie word daar spesifieke voorstelle gemaak. Hier is ‘n paar links na oulike idees en prente om te print.

Julle sal oplet dat daar hier en daar stasies is wat verskil. Ons doen die sogenaamde Protestante stasies wat klein bietjie verskil van die Katolieke stasies. Die Protestante stasies hou slegs by die gebeure wat in die Bybel opgeteken is, terwyl die Katolieke stasies ook buite-Bybelse bronne in ag neem.

Volgorde

Die stasie kan in enige volgorde gedoen word. Jy sou eers die skrifgedeelte kon lees en gesels oor die vrae wat daarby pas en dan die aktiwiteite doen. Jy sou ook eers kon doen en terwyl jy doen gesels dan die Bybelstorie lees en verder daaroor gesels.

Sien, hoor, voel, proe, ruik

Ons ervaar die lewe deur ons sintuie. By elke stasie is daar daarom ‘n voorstel vir ‘n sintuiglike ervaring. Nie al die sintuiglike ervarings kan nageboots word nie, vir sommige gaan jy jou verbeelding moet gebruik. Daar sal ook links met musiekvoorstelle gegee word wat spesifiek vir die verskillende stasies geskryf is.

Skriflesing

Die gedeelte kan gelees of vertel word. Die teksgedeelte kom uit die Nuwe Direkte Vertaling. Vir kleiner kinders is dit beter om die verhaal te vertel. Daar is ook baie oulike clips op YouTube wat gewys kan word.

Gesels oor die teks

Na die skrifgedeelte is daar vrae om oor te gesels – die vrae is ‘n manier om met die teks te “connect”. Dit is geskryf met gesinne met kinders in gedagte, maar kan ook deur volwassenes gebruik word. Pas die vrae aan vir jou en/of jou gesin. Daar is telkens ook ‘n vraag wat jou nooi om bietjie dieper te delf en verder te dinkAlle vrae kan óf oor gesels óf oor nagedink word by jouself. Dit kan baie betekenisvol wees om ‘n joernaal te hou en jou gedagtes neer te skryf.

Doen en gesels

Gebruik dit wat julle doen as aanknopingspunt om te gesels oor die vrae. Die vrae sal dalk ook bietjie aangepas moet word afhangende van die ouerderdom van die kinders. Al die aktiwiteite wat geprint moet word is in ‘n aparte pdf.

Doen en gesels

Gebruik dit wat julle doen as aanknopingspunt om te gesels oor die vrae. Die vrae sal dalk ook bietjie aangepas moet word afhangende van die ouerderdom van die kinders. Al die aktiwiteite wat geprint moet word is in ‘n aparte pdf.

Inkleurprente

In ‘n aparte dokument sal daar ook ‘n meditatiewe inkleurprent vir elke stasie wees.

Vir die inkleurprente stuur asb ‘n epos na denton.loumare@gmail.com of whatsapp my op 082 899 1505

Die volledige stasies van die kruis bundel kan ook hier afgelaai word.

Die Stasies van die kruis aktiwiteitsbundel kan hier afgelaai word.

Stasie 1

Jesus bid in Getsemané (Matteus 26:36-46)

Stasie 2

Jesus word verloën en gevange geneem (Matteus 26:47-56)

Stasie 3

Jesus word aangekla (Matteus 26:57-68)

Stasie 4

Jesus word verloën (Matteus 26:69-75)

Stasie 5

Jesus voor Pilatus (Matteus 27:1-2, 11-26)

Stasie 6

Jesus word gemartel (Matteus 27:27-31)

Stasie 7

Jesus dra sy kruis (Johannes 19:17)

Stasie 8

Jesus word gehelp (Matteus 27:32)

Stasie 9

Jesus ontmoet die vroue (Luk 23:27-31)

Stasie 10

Jesus word gekruisig (Matteus 27:33-37(44))

Stasie 11

Jesus en die misdadiger (Luk 23:32-34,39-43)

Stasie 13

esus sterf (Matteus 27:45-56)

Stasie 14

Jesus word begrawe (Matteus 27:57-61(62-66)

Stasie 15

Jesus het opgestaan (Matteus 28:1-10)