
Op 13 Maart 2016 hou ons weer n gemeente braai. Vir net R50 kry jy snoek, patat en n roosterkoek met konfyt en kaas. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor. Laaste bestellings en betalings teen 9 Maart. Jy kan die geld vir jou kaartjies inbetaal in die onderstaande bankrekening en ons sal die kaartjies vir jou uithou.
Gee vir die verwysing asb : BRAAI, Voorletter en Van bv. BRAAI J Mocke.
Om seker te maak ons weet van jou bespreking, stuur jou bewys van betaling na Nel_charmaine@yahoo.com
Bank besonderhede : NG Kerk Brackenfell, Absa Sanbel takkode : 523410, Tjekrekening 1450 580 143
Ons skep ongeveer 12:00. Bring asb jou eie eetgerei (borde, messe, vurke, glase, ens) en jou eie drinkgoed. As jy nie saam met ons kan kuier nie, kan jy steeds jou bestelling plaas as wegneemete.
Bestel jou kaartjies by 021 981 1247 (weeksdae 9vm-1nm)
Navrae : Martin 082 495 3614 of Charmaine 082 509 8749